Distel se nuwe hoof-wynmaker ook kundige bemarker

Distell het ‘n deurwinterde, bekroonde wynmaker wat ook ‘n bemarkingspesialis is as die maatskappy se nuwe hoofwynmaker aangestel. Niël Groenewald (42) het ‘n MBA aan die Universiteit van Kaapstad en ‘n BSc Hons by die Universiteit van Stellenbosch verwerf. Hy kom van DGB waar hy vir 14 oesjare die hoofwynmaker van Bellingham was. Vir die laaste paar jaar was hy ook verantwoordelik vir die bemarking van hierdie handelsmerk.

In sy nuwe posisie by Distell, wat hy voor die aanvang van die 2018-oesjaar sal vul, sal hy in beheer wees van die land se grootste wynportefeulje. Die maatskappy se uiteenlopende en internasionaal beskikbare reeks wissel van premium-handelsmerke soos Nederburg, Durbanville Hills, Fleur du Cap en Alto, al die pad tot by gewilde hoofstroom-wyne soos 4thStreet and Drostdy-Hof.  Sy fokus sal egter vernaamlik op die top-handelsmerke wees.

Johan Venter, wat aan die hoof staan van Distell se Sentrum vir Uitnemendheid en aan wie  Groenewald sal verslag doen, het gesê laasgenoemde beskik oor ‘n opwindende reeks vaardighede. “Hy is ‘nuitnemende wynmaker wat ook uitgebreide ervaring opgedoen het van leiding gee aan ‘n top presterende span. Terselfdertyd bring hy met hom ‘nstewige bemarkingskundigheid wat hy oor die jare kon verfyn deur sy internasionale blootstelling aan Suid-Afrika se belangrikste handelsvennote.

“Sy spesiale belangstellingsveld is die benutting van besigheidsintelligensie om uit snel veranderende verbruikers- en markvoorkeure munt te slaan. Dit maak hom uiters geskik om ten nouste met ons opgeskerpte nuwe bemarkingspan saam te werk.

“Ons is vol vertroue dat met sy uitstekende wynmaakprestasies, sy omvattende kennis van voorraadvoorsiening en sy taktiese benadering tot bemarking, Niël kundige leiding en inspirasie aan ons begaafde span wynmakers sal verskaf.”

Voor hy hom in 2004 by DGB aangesluit het, het hy onder meer by Neethlingshof en Seidelberg gewerk, asook by die koöperatiewe wynkelders Perdeberg en Kango.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>