Dis tyd vir ’n Sampioen- ‘Bunny Chow’ … en ’n effe droë riesling!

Sampioene word baie in kos gebruik, veral in lande soos China, Korea, Japan en in Europa. Die meeste sampioene wat mens vandag in winkels koop, is kommersieel verbou op sampioenplase. Die gewildste hiervan, Agaricus bisporus, word veilig vir die meeste mense beskou om te eet aangesien dit onder beheerde, gesteriliseerde omgewings verbou word. Verskeie variëteite van Agaricus bisporus word kommersieel verbou, insluitende wit knopiesampioene, crimini en portobello. Ander variëteite beskikbaar by kruidenierswinkels sluit in shiitaki, maikate, pleurotus en enoki. Hierdie is die tweede in ’n reeks resepte (met wyn-aanbevelings) van The South African Mushroom Farmers’ Association (www.mushroominfo.co.za).

Sampioen- ‘Bunny Chow’

Bedien 6

Bestanddele:

1 ui, fyn gekap

4 knoffelhuisies, fyn gerasper

1 duimgrootte stuk gemmer, gerasper

500g knopiesampioene, in kwarte gesny

1 eetlepel garam masala

1 teelepel chilli-poeier

½ teelepel borrie

½ teelepel gemaalde koljander

½ teelepel gemaalde komyn

4 groen kardemomsade

2 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny

1 x 400g blikkie tamatiestukke

1 koppie groente-aftreksel

1 x 400g blikkie klapperroom

1 x 400g blikkie botterbone, gedreineer

200g groenboontjies, gesny in 2cm-stukkies

Sap van ½ suurlemoen

Vars koljander vir bediening

Ekstra olyfolie

Sout en peper na smaak

6 mini-suurdeeg- of ander mini-broodjies

Metode

Verhit ’n bietjie olie in ’n groot pot. Voeg die uie by en kook teen matige hitte tot sag.

Voeg die knoffel en gemmer by en roerbraai tot geurig.

Voeg sampioene by en kook tot goudkleurig.

Voeg die speserye, sout en peper by en braai vir sowat ’n minuut.

Verwyder die sampioene en plaas eenkant.

Voeg nou die aartappels en gekapte tamaties by die pot, asook die aftreksel, en laat prut totdat die aartappels sag is en die sous verminder en verdik het.

Voeg klapperroom, botterbone en groenboontjies by en laat prut totdat die boontjies sag is.

Plaas sampioene terug in die pot en roer om te verhit.

Pas sout en peper aan indien nodig.

Rond die kerrie af met vars suurlemoensap en koljander.

Sny die bokante van die mini-broodjies af en hol hulle uit. Vul die broodjies nou met die vulsel uit die pot en garneer met vars koljander.

Bedien onmiddellik.

Wyn-aanbeveling

Riesling het ’n indrukwekkende vermoë om ’n verskeidenheid geure in kos te akkommodeer. In hierdie speseryagtige, romerige kerrie sal ’n riesling soos die Paul Cluver Dry Encounter Riesling se suur deur die ryk sous sny en die dis uitstekend komplementeer. Die wyn se “neus” toon aromas van ryp groenappel, appelbloeisels en fynbosheuning. Dit bied ’n puik balans tussen sy natuurlike ressuiker van 8,7 g/ℓ en suur wat lei tot ’n verfrissende wyn wat ideaal is om saam met ’n speseryagtige kerrie soos hierdie geniet te word.

EINDE

One thought on Dis tyd vir ’n Sampioen- ‘Bunny Chow’ … en ’n effe droë riesling!

  • Thank you very much for the awesome coverage. We are the South African Mushroom Farmers’ Association (SAMFA) and would be incredibly happy to supply you with lots of awesome images and great immune boosting mushroom info
    Please let us know and thank you once again for a great feature
    Riana
    On behalf of SAMFA

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>