Diners Club maak sy wynmakers van die jaar bekend

Date posted:
November 29, 2010

Diners Club se Wynmaker van die Jaar vir 2010 is Bartho Eksteen van die Hermanuspietersfontein-wynmakery naby Hermanus. RJ Botha van Nitida in Durbanville is as Diners Club se Jong Wynmaker van die Jaar aangewys.

 

Wynmakers moes sauvignon blanc-wyne vir beoordeling voorlê en jong wynmakers ongefortifiseerde, droë rooi kultivar- of versnitwyne.

 

Dis vanjaar 30 jaar sedert die instelling van die Wynmaker van die Jaar-kompetisie en die 10de sedert die toekenning vir die Jong Wynmaker van die Jaar die eerste keer gemaak is.

 

Ebrahim Matthews, besturende direkteur van Diners Club het op ? galabyeenkoms gesê oor die jare het hierdie toekennings die toetssteen vir die bedryf geword.

 

“Hulle word vandag algemeen as van Suid-Afrika se mees gesogte wynkompetisies aanvaar. Diners Club het nou reeds vir drie dekades die voorste Suid-Afrikaanse wynmakers uitgesoek en beloon, en hulle aangemoedig om dieper te delf en die standaard van Suid-Afrikaanse wyn te verhoog tot waar dit op internasionale vlak erken word. Ek glo ons het dit bereik ... en meer.”

 

Onder die vorige wenners tel van die grootste pionier-wynmakers van die bedryf, mense soos Günter Brözel, Sydney Back en Danie de Wet.

 

Dave Hughes, voorsitter van die beoordelingspaneel, het gesê die sauvignon blanc-wyne wat vir vanjaar se kompetisie ingeskryf is, was deur die bank van ? uitstekende gehalte.

“Daar was nie ? enkele onder hulle wat nie vir lof uitgesonder kon word nie. Styl was al wat hulle van mekaar onderskei het.”

Eksteen se gehoute sauvignon blanc, die 2009 Hermanuspietersfontein No. 5, is in gelyke hoeveelhede nuwe, tweede- en derdevulvate verouder. Hughes het gesê: “No. 5 is ? volmaak gebalanseerde wyn waarin die 15% sémillon nog ? laag voeg by die kombinasie van vrug en hout. Dit is ? styl wat onder Suid-Afrikaanse wynliefhebbers al gewilder word.”

 

 

 

Diners Club se Jong Wynmaker van die Jaar, RJ Botha van Nitida.

 

 

 

 

 

 

Hughes het gesê die rooiwyne wat vir die Jong Wynmakerstrofee voorgelê is, was eweseer van ? uitsonderlike gehalte.

“Dit was geensins maklik om ? wenner aan te wys nie, maar RJ Botha se 2009 Nitida Calligraphy het desondanks uitgetroon weens die veelsydigheid daarvan. Hierdie lewendige versnit in die Bordeaux-styl bestaan uit 47% merlot, 28% cabernet franc en 25% cabernet sauvignon en is gemaak van druiwe wat op die plaas in die koel Durbanville-area gekweek is.”

Benewens die prestige daarvan om die kompetisie te wen, het Eksteen ? retoer-vlugkaartjie na enige wynproduserende land van sy keuse ontvang tesame met R30 000 om sy koste te help dek. Botha se prysgeld is R15 000 en nuwe aansien in die wynbedryf.

 

Om die drie dekades van die kompetisie te gedenk, het Diners Club ? spesiale “Erfenis-geskenkpak” saamgestel wat 12 wyne bevat van vorige wenners wat steeds in die bedryf werksaam is. Van die wyne kom van Rust en Vrede, Graham Beck, Allesverloren, Thelema en Bouchard Finlayson. Dit is deur die Diners Club-wynvereniging vir lede beskikbaar.

Einde

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram