Die Wes-Kaapse Brandewynroete: Cabrière, Franschhoek

Date posted:
February 20, 2012

Vir ons derde brandewynprodusent in die reeks oor Suid-Afrika se makers van die beste brandewyn ter wêreld, keer ons terug na die Wes-Kaap, en hierdie keer gaan loer ons in daar in Franschhoek. Jip, daar word ook brandewyn van formaat gemaak!

 

As enigste lid van Franschhoek, is Cabrière bekend vir sy Pierre Jourdan Cap Classiques ... en ook die rede hoekom die Fine de Jourdan ? uitsoekbrandewyn is. Die keldermeester, Achim von Arnim, verduidelik: “Om ? vonkelwyn te maak in ware Champagne-tradisie, gebruik ons slegs die sap van die eerste pers. Dit beteken die res van die wyn gaan verlore.

 

“Daarom het ek besluit om die res van die chardonnay te distilleer. Ons hou die brandewyn in eikehoutvate vir drie jaar wat ? mooi, goue kleur aan die wyn verleen. In ware Champagne-styl word hierdie brandewyn die Fine de Jourdan genoem.”

 

Die Haute Cabrière Restaurant wat ? ongeëwenaarde uitsig het en bekend is as ? top restaurant, is elke dag oop vir middagetes, asook aandetes gedurende die somermaande. Planeet Wyn/Planet Wine kan hierdie eetplek beslis aanbeveel aangesien dit een van ons gunstelinge is. Ons hoop om binnekort daaroor verslag te doen op ons restaurante-afdeling.

 

? Keldertoer en wynproe word elke dag om 11:00 of 15:00 gehou deur enige van die Von Arnim-familielede. Achim doen ook die sabrage, waar hy ? bottel Cap Classique se kop met ? swaard afgekap word, elke Saterdag om 11:00.

 

Besoektye

Maandag-Vrydag:                                  09:00-17:00

Saterdag en openbare vakansiedae:          10:00-16:00

 

Kontakbesonderhede

Tel:                        021 876 8500

Faks:                      021 876 8501

E-pos  :                  cabriere@iafrica.com

Webwerf:                www.cabriere.com

Achim se blog:         www.sun-soil-vine-man.co.za

 

Keldertoere

Middagetes


Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram