Die Stellenbosch-wynroete vier halfeeu se leierskap en vernuwing

Vandag 50 jaar gelede het die Stellenbosch-wynroete amptelik sy deure oopgegooi vir wynliefhebbers. Dit was die eerste wynroete in Suid-Afrika en hierdie mylpaal vier dus ook die geboorte van Suid-Afrikaanse wyntoerisme, ’n bedryf wat jaarliks R7,2bn tot die land se BBP bydra.

Die wynroete is gestig deur die bekende “vreeslose driemanskap” wat in die 1960s die status quo waar druiwe aan koöperasies gelewer is om die finale produk te maak, wou verander. Die bedryf is destyds deur KWV beheer en koöperasies het dikwels ’n surplus gelewer. Wingerdeienaars kon nie wyn onder hul eie etikette verkoop nie.

Tydens ’n reis in 1969 na Boergondië, het Frans Malan (Simonsig) en Niel Joubert (Spier) die bekende Routes des Vins at Morey St. Denis ontdek en die moontlikheid van ’n soortgelyke roete in Stellenbosch raakgesien. Met hul terugkeer het die twee met Spatz Sperling (Delheim) vergader om die nuwe organisasie te vorm en só is die Stellenbosch-wynroete amptelik in 1971 gestig.

Groenland, Koopmanskloof, Blaauwklippen, Verdun, Overgaauw, Neethlingshof, Hazendal, Uiterwyk, Muratie, Mooiplaas, Hartenberg en Koelenhof het gou by die drie stigterslede aangesluit.

Met die stigting van die Stellenbosch-wynroete is ’n georganiseerde netwerk van wynplase wat proeë – en in sommige gevalle ligte maaltye – aangebied het, gevestig. Die besoeker kon van plaas tot plaas ry en wynproe en koop. Die wette het toe gestipuleer dat wyne in bokse van 12 verkoop moes word.

Vandag het die roete vyf sub-roetes wat uiteenlopende wyntoerisme-ervarings bied, van luukse-wynplase met proelokale, restaurante en akkommodasie tot klein boetie wynkelders. Tans het die roete 120 wyn- en druifprodusentelede wat binne die Stellenbosch Wyn van Oorsprong-klassifikasie val.

Vir meer inligting, skakel 021 886 4310 of stuur ’n epos aan info@wineroute.co.za.  Kom meer te wete oor Stellenbosch se reputasie vir goeie wyn, kos, geskiedenis en kultuur by  www.wineroute.co.za en www.visitstellenbosch.org.

Gebruik @stellwineroute om met Stellenbosch Wynroetes op Facebook, Twitter en Instagram te skakel.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>