Die kurke gaan behoorlik waai op vanjaar se Franschhoek Uncorked-fees!

Neem afskeid van die winter en verwelkom die lente oor die naweek van 14 en 15 September wanneer die Franschhoek-wynvallei se gewilde Franschhoek Uncorked-fees weer eens aangebied word. Benewens al die feestelikhede sal besoekers ook sommer die kans kan gebruik om een van Suid-Afrika se gewildste wynbestemmings te verken, insluitende al sy kos- en wynjuwele.

Die deelnemende wynmakerye in die vallei verwelkom die nuwe seisoen met spesiale feesaanbiedings, en gebruik dan ook sommer die geleentheid om hul jongste en opwindende wyne ten toon te stel. Hierdie keldertrotse wissel van sjampanje (in Suid-Afrika bekend as MCC of Cap Classique) tot witwyne, en van rosé tot rooiwyne.

Maak ’n naweek-avontuur van die fees en bring famile en/of vriende saam om die natuurskoon te geniet terwyl daar – verantwoordelik – van plaas tot plaas geproe word. Lewende vermaak sal bydra tot die feestelike atmosfeer terwyl die vallei se uitmuntende kos en wyn smulpape van oor tot oor sal laat glimlag. Met die meeste van die vallei se wynmakers wat aan die fees deelneem, sal daar beslis iets vir elkeen wees om te geniet, insluitende kelder- en wingerdtoere, vatproeë, kos-en-wynpasmaak, outydse speletjies en veel meer.

Met soveel om ervaar en geniet te word, maak dit net sin dat besoekers sommer vir die hele naweek in die vallei gaan kuier. Bespreek by een van Franschhoek se vele verblyfplekke, wat wissel van gerieflike bed-en-ontbyt en gastehuise tot weelderige boetiekhotelle, en gebruik die tyd om rustig die dorp se vele aanbiedings te geniet. Dit wissel van boetiekwinkels en kunsgallerye tot gewilde eetplekke en sjokolademakers, om maar net ’n paar te noem. Franschhoek Uncorked is veel meer as net ’n fees vir die oog, neus en mond!

Vermy lang toue en bespreek vooraf ’n Uncorked-naweekpas by www.webtickets.co.za. Kaartjies wat vooraf bespreek word, kos R180 per persoon, terwyl kaartjies wat oor die naweek by die deelnemende wynmakerye gekoop word R200 elk kos. Die Uncorked-naweekpas (wat albei dae geldig is) gee die kaartjiehouer toegang tot al die deelnemende wynmakerye, asook ’n komplimentêre wynglas en gratis wynproeë.

Met dit alles in ag geneem, nooi die Franschhoek-wynvallei alle liefhebbers van die goeie dinge in die lewe om saam die rug op die winter te keer, die lente te verwelkom en fees te vier soos net in die vallei gedoen kan word.

Vir meer inligting en oor die beskikbaarheid van verblyf, kontak die Franschhoek-wynvallei op 021 876 2861, of besoek www.franschhoekuncorked.co.za, of volg die vallei op Twitter @Franschhoek_SA vir die jongste nuus.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>