‘Die beste in die weste’ bekroon op Veritas!

Die Veritas Vertex-toekenning vir die algehele  kampioenwyn op vanjaar se Veritas-kompetisie is ingepalm deur die Domaine Des Dieux Chardonnay 2015 (foto) van Hemel-en-Aarde Rant naby Hermanus, en die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch het die meeste top medaljes ge-oes. ʼn  Rekordgetal van 1 491 inskrywings is vir vanjaar se kompetisie ontvang.

Spier het die meeste top medaljes ingepalm, ʼn merkwaardige nege Dubbelgoud en sewe Goud, gevolg deur  Simonsig (vier Dubbelgoud en drie Goud), Nederburg (drie Dubbelgoud en ses Goud) en Perdeberg Kelder (twee Dubbelgoud). ʼn Rekordgetal van 29 wynmakerye het elk een dubbelgoue en verskeie goue medaljes los geslaan.

In die gefortifiseerde wyn-afdeling het KWV geseëvier met vyf Dubbelgoud. Kort op sy hakke was Nuy Kelder met vier Dubbelgoud en ses Goud, terwyl De Krans, Du Toitskloof Wyne, Orange River Cellars en Slanghoek Wynkelder elk twee dubbelgoue medaljes verower het.

Distell het uitgeblink in die brandewyn-kategorie met vier Dubbelgoud en vier Goud. KWV was tweede met twee dubbelgoue medaljes.

Die beste presteerder in die afdeling vir tien wyne of minder, was Orange River Cellars, terwyl Spier die klas vir meer as tien ingeskrewe wyne gewen het.

Sewe wynbedryf-uitblinkers – Jan Boland Coetzee, Kiffie de Wet, Hempies du Toit, Johan Rossouw, Kobus Rossouw, Eugene van Zyl en Gyles Webb – het Lewende Legende-ererolle ontvang vir hul onmeetbare bydraes tot Suid-Afrikaanse wyn en brandewyn.

ʼn Nuwe stelsel van puntetoekenning is van vanjaar af ingestel. In ooreenstemming met die meeste internasionale kompetisies, is Veritas se puntestelsel aangepas om ʼn Silver Outstanding-klas in te sluit vir wyne wat 86 – 89 punte ontvang volgens ʼn 100-punteskaal.

Dubbelgoud-wenners

Altesaam 76 Dubbelgoud en 198 Goud is toegeken.

  • Spier het die voortou geneem met nege Dubbelgoud vir Spier Brut MCC 2009, twee Chenin Blancs (Spier 21 Gables Chenin Blanc 2018 en Spier Ideology Chenin Blanc 2019),  twee Sauvignon Blancs (Spier 21 Gables Sauvignon Blanc 2019 en Spier Ideology Sauvignon Blanc 2019), twee oesjare van Spier Creative Block 2 Sauvignon Blanc/Sémillon – 2013 en 2019, Spier 21 Gables Cabernet Sauvignon 2016 en  Spier Creative Block 3 Shiraz/Mourvèdre/Viognier 2016
  • Simonsig het vier Dubbelgoud losgeslaan vir Simonsig Chenin Avec Chêne Chenin Blanc 2015, twee Simonsig Redhill Pinotages – 2014 en 2017 en Simonsig Tiara 2015
  • Nederburg Wyne het uitgeblink met drie Dubbelgoud vir drie wyne, naamlik Nederburg Auction Reserve Private Bin R163 Cabernet Sauvignon 2014, Nederburg Ingenuity Italian Red Blend 2007 en Nederburg Private Bin Eminence Muscadel NLH 2009
  • Perdeberg het twee Dubbelgoud gekry vir twee van hul Chenin Blancs – Perdeberg Cellar The Dry Land Collection Braveheart Chenin Blanc 2015 en Perdeberg Cellar The Dry Land Collection Courageous Barrel Fermented Chenin Blanc 2018.

Altesaam 29 wynmakerye het elk een Dubbelgoud gewen.

Gefortifiseerde Wyne

Altesaam 23 dubbelgoue en 15 goue medaljes is toegeken aan die top gefortifiseerde wyne.

KWV het die voorste plek ingeneem met vyf Dubbelgoud vir KWV Hanepoot Jerepigo 1969, KWV Ruby Port 1949, KWV Tawny Port Limited Release 1948, KWV Muscadel 1930 en KWV Classic Collection Cape Tawny (Paarl) N/V (foto regs). Hul KWV Muskadel 1930 was die oudste wyn op die kompetisie. Nuy-wynkelder het kort op hul hakke gevolg met vier Dubbelgoud: Nuy Wit Muskadel 2013, Nuy Inspiration Rooi Muskadel 2015, Nuy Rooi Muskadel 2014 en Nuy Barbieri Idro Rooi Muskadel terwyl De Krans, Orange River Cellars, Slanghoek Wynkelder en Du Toitskloof Wyne twee Dubbelgoud losgeslaan het. Ses produsente het elk een Dubbelgoud in hierdie kategorie los geslaan.

Brandewyn

Suid-Afrika se voorste brandewynprodusente het ses dubbelgoue en sewe goue medaljes gewen. Distell het vier Dubbelgoud gekry vir sy Viceroy 5-jaaroue potketelbrandewyn (links), Richelieu Vintage 10-jaaroue brandewyn, Van Ryn’s 10-jaaroue enkelpotketelbrandewyn en Van Ryn’s 20-jaaroue enkelpotketelbrandewyn.

KWV het ook twee dubbelgoue medaljes vir sy KWV 12-jaaroue kleinvatseleksie-potketelbbrandewyn en KWV 20-jaaroue potketelbrandewyn gewen.

Medalje-oorsig

ʼn Gesaghebbende beoordelaarspaneel bestaande uit vyf internasionale en 95 plaaslike spesialiste het die inskrywings tydens ʼn marathon-proesessie (“blind”) oor 5 dae deeglik gefynkam. Die sewe mededingendste kategorieë in terme van inskrywings ontvang, was Rooi Versnitte (217), Sauvignon Blanc (159), Shiraz (149), Cabernet Sauvignon (129), Chenin Blanc (126), Chardonnay (100) en Pinotage (98). Altesaam 20 brandewyne is ingeskryf in drie kategorieë, naamlik Standaard, Potketel en Oesjaar.

Altesaam 1 411 medaljes is toegeken – 76 Dubbelgoud, 198 Goud, 219 Silwer Uitstaande, 596 Silwer en 322 Brons.
Die wynkategorieë wat die beste presteer het met Dubbelgoud was Pinotage (5), Chardonnay (gehout), Sauvignon Blanc en Cabernet Sauvignon met 4 medaljes elk, Chenin Blanc, Chenin Blanc (gehout), Ander Rooi Versnitte en Museum Rooiwyn met 3 medaljes elk, Chardonnay, MCC, Bordeaux Styl en Museum Witwyn met 2 medaljes elk.  ʼn Enkele dubbelgoue medalje is toegeken aan Wit Versnitte, Wit Versnitte (gehout), Sauvignon Blanc (gehout), Edel Laatoes, Kaapse Versnit, Merlot, Pinot Noir, Shiraz, Museum MCC en Museum Edel Laatoes.

Dubbelgoud vir Gefortifiseerde Wyne is toegeken vir Rooi Muskadel (7 toekennings), Wit Muskadel (4), Cape Ruby/Cape Tawny/Cape Vintage (4), Dessertwyn (2), Museum Dessert Rooi (2),  Museum Dessert Wit (2) en Museum Cape Ruby/Cape Tawny/Cape Vintage (2).

Potketelbrandewyn het uitgeblink met 6 dubbelgoue medaljes.

Onder die wenners van Goud was Cabernet Sauvignon los voor (25) gevolg deur Ander Rooi Versnitte (14), Pinotage (12), Chardonnay (gehout) (11), Bordeaux-styl (11), Sauvignon Blanc (10), MCC (8), Potketel Brandewyne (7), Chenin Blanc (7), Museum Rooiwyn (7), Kaapse Versnit (7), Rooi Muskadel (6), Museum Witwyn (6), Shiraz (6), Wit Muskadel (5), Chenin Blanc (gehout) (5), Museum Dessert Rooi (5),

Die volledige uitslae is aanlyn beskikbaar by www.veritas.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>