Die Bergkelder stel twee nuwe Fleur du Cap Unfiltered-rooiwyne bekend

Date posted:
September 23, 2009

Fleur du Cap het pas twee nuwe oesjare van sy uitsoek-rooiwyne in die ultra-premie- Unfiltered-reeks vrygestel, die Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2007 en die Fleur du Cap Unfiltered Cabernet Sauvignon 2007.

 

Vorige oesjare van albei hierdie twee uitsonderlike wyne het reeds by van die land se voorste wynkompetisies, insluitende Veritas en die Old Mutual Trophy-wynskou, gewys waartoe hulle in staat is deur dubbelgoue en goue medaljes in te palm. Hierdie sukses kan toegeskryf word aan die rooiwynmaker, Justin Corrans, se praktiese benadering by Die Bergkelder, terwyl sy noukeurige seleksie wyne verseker wat eenvoudig oorloop van heerlike gekonsentreerde vrugtegeure.

 

Links: Fleur du Cap Unfiltered Cabernet Sauvignon 2007.

 

 

Die Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2007 is 'n medium tot volronde wyn met 'n neus propvol aromas van pruime en swartbessies en 'n sweempie eikehoutspeserye, terwyl die smaak oorloop van bessievrugtegeure met delikate houtspeserye wat eindig met 'n heerlike talmende nasmaak. Dié sappige Merlot gaan perfek saam met Parma-ham, geroosterde lamsosaties, ryk beestertbredie of 'n robuuste Italiaanse maal.

 

Die Fleur du Cap Unfiltered Cabernet Sauvignon 2007 is 'n kragtige wyn met aanloklike aromas van swartbessies, jasmyn, vanielje, donkersjokolade en mokka, terwyl die smaak komplekse rooibessiegeure het wat ondersteun word deur kersies en pruime en aangevul word deur speseryagtige houtgeure en soepel tanniene. Dié komplekse wyn is die ideale pasmaat vir beesfilet en geroosterde lamsvleis, maar is ewe lekker saam met ryk geregte en sterk beleë kase.

 

Die Fleur du Cap Unfiltered Cabernet Sauvignon 2007 is teen ongeveer R98 per bottel beskikbaar en die Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2007 teen R90 by groot wynhandelaars landwyd.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram