Indien daar tien gebooie van wyn sou wees, wat sou hulle wees? Miskien volg jy reeds onwetend, of selfs wetend, die belangrikste beginsels van wyn. Kyk hierna en besluit self of jy die Tien Gebooie van Wyn nakom!
Waardeer waar die wyn vandaan kom. Deur dit te doen, sal jy ook jou smaakkliere begin waardeer.
Probeer gereeld ’n nuwe of vreemde wyn of wynstyl, en “besoek” gereeld ’n nuwe wynstreek of –land deur hul wyne te proe. Deur nuwe wyne te proe en ervaar, sal jou lewe ryker maak, jou kennis uitbrei en jou perspektiewe oor wyn vergroot. Daar is so baie verskillende wyne om uit te toets, moenie gras onder jou voete laat groei nie.
En onthou, wyn is NIE ’n bestemming nie, dis eerder ’n wonderlike reis van ontdekking en verkenning.
As jy dit nie doen nie, gaan jy spyt wees. Jy het niks om aan iemand te bewys nie, behalwe dat jy jou limiete ken en verantwoordelik is. Onthou, spyt kom altyd te laat!
’n Puik wyn behoort nie duur te wees nie, maar hulle is ook nie goedkoop nie. ’n Goedkoper wyn is ook nie noodwendig swak nie.
Wyn smaak altyd lekker saam met mense.
Wyn is uiters persoonlik en subjektief. Elkeen se smaak is uniek en eie aan hulself. En dan is dit ook waar dat elkeen se smaaksin mettertyd verander. Diegene wat nie van wyn hou nie, mag eendag hul woorde moet sluk.
Onthou, die beste wyn is die een waarvan jy die meeste hou, ongeag handelsmerk, prys of toekennings.
Hoe meer wyn jy (verantwoordelik en met waardering) drink, hoe dieper word jou ervaring daarvan, en hoe groter jou ervaring van wyn word, hoe dieper raak jou kennis.
Drink water en proe wyn! Onthou, elke teug bevat ’n druiwekorrel wat ’n jaar gevat het om te groei.
Elke wyn bring iets spesiaal na die drinker. Jongwyne is bekend vir hul jeugdige en lewendige geaardheid, “middeljarige” wyne bied weer bietjie meer “persoonlikheid” en ou wyne is ’n tydkapsule van die verlede.
Wyn is dinamies! Van die oomblik dat dit gemaak is, ontwikkel dit. Dit verander stadig wanneer dit behoorlik gestoor en gehanteer word en verouder vinnig wanneer die bottel oopgemaak word.
EINDE