Delheim stel sy rooi versnit ‘vir pure genot’ bekend

Delheim het die jongste oesjaar van sy gewilde rooi versnit bekend gestel wat gemik is op alledaagse genot. Die versnit van shiraz en cabernet sauvignon wat al vir dekades deur hierdie Stellenbosse landgoed gemaak word, is gewild omdat dit gehalte teen ’n sakpasprys bied en by enige geleentheid pas.

Dis dus geen verrassing nie dat die Delheim Shiraz/Cabernet Sauvignon 2017, wat deel is van die landgoed se Lifestyle-reeks, die landgoed se topverkoperwyn is.

“Hierdie versnit bied die beste van beide wêrelde,” sê Delheim se wynmaker, Roelof Lotriet, van die 2017-oesjaar. “Sy aroma is propvol tipiese shiraz-speserye wat gekomplementeer word deur die cabernet se tabakblaargeure. Dis lieflik en sappig, met geure van pruime en kersies. Elke slukkie bring helder rooi vrugte na die mond. Hierdie wyn is perfek vir braaivleis sowel as vir heilsame, hartlike disse.”

Die wyn is veganis-vriendelik en ’n uitstekende pasmaat vir disse met sampioene.

Die Delheim Shiraz/Cabernet Sauvignon 2017 is landwyd by die meeste wynhandelaars en restaurante beskikbaar. Dit kos R85 per bottel in die proelokaal.

Vir meer inligting, skakel 021 888 4600 of stuur ’n epos aan marketing@delheim.com, of besoek www.delheim.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>