Delheim stel Nongcebo Langa aan as wynmaker

Delheim buite Stellenbosch betree ’n nuwe era met die aanstelling van Nongcebo “Noni” Langa as wynmaker, terwyl die veteraan-wynmaker, Roelof Lotriet, bevorder word tot keldermeester.

Nongcebo het in 2019 as voltydse lid by Delheim aangesluit, eers as deel van ’n internskap en later as assistant-wynmaker.

Noni het  MSc-graad in wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf en was ook deel van ’n belangrike projek oor aardverhitting en veldbrande. Sy studeer tans buitemuurs aan die Universiteit van Kaapstad se sakeskool in sakebestuur in die wynbedryf.

Nongcebo sê sy is verheug oor die geleentheid om haarself te bewys.

“Delheim is ’n wonderlike handelsmerk en ek’s bly om deel te wees van die span en om Delheim van krag tot krag te voer.”

Sy het Pietermaritzburg groot geword, maar nooit enige blootstelling aan wyn gehad nie. Haar belangstelling is geprikkel tydens ’n aanbieding van die Departement van Landbou toe sy op hoërskool was. Wynmaak as ’n beroep het tydens die aanbieding opgekom.

Vir meer inligting, skakel 021 888 4600 of stuur ’n epos aan info@delheim.com, of besoek www.delheim.com. Die landgoed kan ook gevind word op Facebook, Twitter @Delheim en Instagram @delheimwines.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>