Delheim se jongste ‘rooiwyn van wittes’ is reg vir Internasionale Chardonnay-dag!

Donderdag, 27 Mei, is Internasionale Chardonnay-dag en Delheim se jongste Chardonnay Sur Lie is net betyds bekend gestel om hierdie geleentheid te vier.

Die Delheim Chardonnay Sur Lie 2020 se druiwe kom uit ’n enkele wingerdblok teen die hange van die Simonsberg wat oor Stellenbosch waak deurlopend vrugte van hoogstaande gehalte lewer.

Chardonnay word beskou as die gewildste witwyn ter wêreld en word dikwels “die rooiwyn van wittes” genoem.

“In hierdie wingerd hou ons altyd die vrug-ontwikkeling tot net voor oestyd baie noukeurig dop en is dan net so opgewonde om die resultaat te sien sodra die wyn ontwaak,” sê Roelof Lotriet, Delheim se wynmaker. “Vanjaar verskyn hierdie baie spesiale wingerd weer in die glas.”

Delheim volg die klassieke wynmaak-aanslag. Die Chardonnay Sur Lie word teruggehou vir verdere bottel-veroudering om sy geure en aromas ten volle te ontwikkel.

Die wingerd waaruit die druiwe vir die wyn kom, is slegs drie hektaar groot en is in 2014 aangeplant.  Die druiwe word met die hand gepluk en dan word die heel trosse gepars en die sap in Franse eikehoutvate gegis. Die naam Sur Lie verwys na die nege maande wat die wyn op die gismoer verouder voor dit versny en gebottel word.

“Hierdie oesjaar is weer eens ’n ambassadeur vir die terroir wat ons by Delheim het. Ons het daardie uitdrukking verder beklemtoon deur die subtiele gebruik van nuwe hout.”

Die lewendige, goue wyn vertoon sitrus-, steenvrug- en subtiele speserygeure in die neus. Op die tong het dit ’n medium-struktuur met goeie balans. Die eikehout se romerigheid meng met elegante vrug en talm in vars en onvergeetlike varsheid.

“Dis ’n wonderlike wyn om met ’n winterbredie of goeie kaas te geniet,” sê Roelof. “Dit sal aanhou verbeter in die bottel tot vyf jaar ná die oesjaar.”

Die Delheim Chardonnay Sur Lie 2020 se kleinhandelprys is R250/bottel. Dis by vooraanstaande wynwinkels en uitgesoekte restaurante te koop, asook deur die Delheim aanlyn-winkel.

Besoek www.delheim.com vir meer inligting, of kontak Delheim by info@delheim.com of 021 888 4600. Vind Delheim ook op Facebook, Twitter @Delheim en Instagram @delheimwines.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>