Delheim se jongste Grand Reserve bevestig 40 jaar se terroir-uitnemendheid

Stellenbosch se groter Simonsberg-streek troon uit as ’n baken van voortreflike Suid-Afrikaanse wyne, veral rooi kultivars. Dis in hierdie distrik dat die bekende familieplaas, Delheim, sy jongste Bordeaux-styl versnit, die vlagskip- Grand Reserve 2017, geskep het.

Die 2017-oesjaar van hierdie versnit vier ook die 40ste jaar wat die ikoniese Grand Reserve – die toppunt van Delheim se rooiwynportefeulje – bestaan. Dit word net in jare van uitsonderlike gehalte gemaak. Die eerste oesjaar het in 1981 die lig gesien. Die wyn word gemaak met die spesifieke doel om ’n uitstekende uitdrukking van daardie spesifieke oesjaar te wees.

Oor die afgelope vier dekades – ongeag wie die wynmaker is – het die Grand Reserve sy onoortreflike styl behou danksy die merkwaardige Simonsberg-terroir.

“Delheim maak al vir 82 jaar wyn. Ons verstaan die waarde van goeie ligging en spesifieke terroir as die fondamente vir wêreldklas-wyne,” verduidelik Roelof Lotriet, die wynmaker. “In die Grand Reserve se geval het cabernet sauvignon die dominante rol gespeel, met merlot en cabernet franc in die agtergrond.”

Die Delheim Grand Reserve 2017 se komponente het 18 maande in Franse eikehoutvate van 300ℓ deurgebring, waarvan 30% nuwe vate was. Nadat dit gebottelleer is, het die finale versnit vir ’n verdere 18-24 maande voor bekendstelling verouder.

“Die Delheim Grand Reserve se 2017-oesjaar toon waarvoor Delheim nou eintlik staan,” sê Roelof. “Die Grand Reserve se vyf sterre in die gerekende Platter-wyngids is erkenning hiervan.”

Die Grand Reserve 2017 vertoon ’n komplekse nuus met donker vrugte wat deur swartbessie en aalbessie oorheers word, gevolg deur skeutjies tabak en tamatieblaar, vars potloodskaafsels en aalbessie. Die smaak is elegant met donker rooivrugte en ’n egalige, krytagtige tannien-einde.

Roelof sê die wyn is gemaak om goed te verouder, tot 15 jaar na oesjaar. Die Delheim Grand Reserve 2017 kos R420.

Die 40ste herdenking van hierdie uitstekende terroir word met ’n spesiale aanbieding via Delheim se aanlynwinkel gevier. Koop ’n kis Grand Reserve 2017 by https://www.delheim.com/shop-online/ en ontvang ’n komplimentêre Delheim Grand Reserve 2015 magnum.

Kontak Delheim op 021 888 4600 of per epos by info@delheim.com vir meer inligting of direkte wynbestellings. Delheim is op Twitter en Facebook as @Delheim en Instagram as @DelheimWines.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>