Delheim se gewilde jazz-en-fondue-kuiers sorg vir warm Sondae

Wat is dan nou lekkerder om die byt uit ’n koue Sondag te haal as ’n smaaklike kaas-fondue, heerlike wyn en puik jazz. En dit is presies wat hierdie winter op Delheim buite Stellenbosch wag.

Die landgoed het bekend gemaak dat sy gewilde jazz-fees terugkeer en boonop weer met van die beste Suid-Afrikaanse talent gaan spog. Dit word saam met die bekende Cape Town Music Academy (CTMA) aangebied en die gewilde  jazz-en-fondue-kuiers sal vanjaar elke Sondag vanaf 3 Julie tot 28 Augustus aangebied word.

“Delheim is een van die steunpilare op die Kaapse jazz-kalendar,” sê Luvuyo Kakaza, Cape Town Music Academy se projekdirekteur en Kaapse jazz dinamo. “Met van die warmste plaaslike talent wat gaan optree, gaan hierdie beslis ’n ware bederf vir jazz-liefhebbers wees.”

Kaartjies vir Delheim se jazz-fees kos R450 per persoon en sluit in die lewende vermaak, komplimentêre Glühwein met aankoms, die kaas-fondue vir twee wat brood en groente insluit, sowel as ’n heerlike soet bederf om die middag op ’n hoë noot af te sluit. Kaartjies sluit alle drinkgoed en ekstras uit. Besprekings is per pot wat twee of vier gaste bedien. Landgoedwyne sal te koop wees en elke middagete-vertoning sal van 12:00 tot 15:00 duur.

Die volledige program is:

·         3 Jul: Hassan Adas Kwartet;

·         10 Jul: Ramon Alexander Kwartet;

·         17 Jul: Babalwa Meintjies en kwartet;

·         24 Jul: Mark Fransman Homage Kwartet;

·         31 Jul: Bongani Sotshononda Kwartet;

 

·         7 Aug: Sean Sanby Kwartet;

·         14 Aug: Thandeka Dladla en trio;

·         21 Aug: Keegan Steenkamp; en

·         28 Aug: Nobuhle Ashanti.

 

Besprekings kan via Quicket gedoen word. Vir meer inligting, skakel 021 888 4600 of stuur ’n epos aan info@delheim.com, of besoek www.delheim.com.

Delheim is op Facebook, Twitter @Delheim en Instagram #delheimwines.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>