Delheim huldig Spatz Sperling en vier 80ste verjaarsdag met eksklusiewe versnit

Die Delheim-wynlandgoed buite Stellenbosch het ’n eenmalige, ekslusiewe Kaapse versnit bekend gestel wat die lewe van oorlede Spatz Sperling herdenk. Die wyn word Iconoclast genoem en kom van die 2012-oesjaar. Dit huldig dié Suid-Afrikaanse wynpionier en sy vreeslose uitdaging van konvensionele wyshede.

Spatz se oom en tannie, Hans en Del Hoheisen, het die plaas in 1939 gekoop en die nuwe wyn se bekendstelling val dus ook saam met Delheim se 80ste herdenking vanjaar.

Die Delheim Iconoclast 2012 is ’n versnit van vier kultivars, maar nie ’n tipies Kaapse versnit wat tradisioneel pinotage as die hoofkomponent gebruik nie. Dit is shiraz-gedrewe, ’n klein aweregsheid wat Spatz sou laat glimlag het, nie net omdat dit stroom-op is nie, maar ook omdat shiraz sy gunsteling was. Die versnit word afgerond met pinotage, cabernet sauvignon en petit verdot.

Spatz is in Oktober 2017 in die ouderdom van 87 oorlede. Hy het konvensionele gebruike en oortuigings uitgedaag en het ’n pionier-ikoon van die Suid-Afrikaanse wynbedryf geword, ten spyt van vele hindernisse. Die wynbedryf se hoogste erkenning van sy uitmuntende bydrae is in 2009 gemaak toe die 350 Celebration Scroll in die jaar wat Suid-Afrika 350 jaar van wynmaak gevier het aan hom oorhandig is.

Iconoclast is ’n weerspieëling van Spatz Sperling. Die naam is afgelei van die Griekse eikon wat “voorkoms” of “beeld” beteken en klastes wat “breker” of “storm” beteken. Selfs die logo se inspirasie kom van Spatz want hy is nooit sonder sy hoed en sy Jack Russell, Nelson, gesien nie.

Die wyn het ’n donker robynrooi kleur met ’n intense middelpunt. Die geure wissel van donker kersies, aalbessies en bosbessies tot gedroogde kruie, speserye en tabak met parfuum-ondertone. Die tannien-struktuur is ferm en word ondersteun deur donker vrugtegeure en speserye wat hierdie wyn ’n uitsonderlike versnit maak. Elke kultivar se unieke karakter kom tot uitdrukking.

Die Delheim Iconoclast 2012 se kleinhandelprys is R1 000 per bottel en slegs 2 100 bottels is gemaak. Die wyn het 94/100 punte behaal in die South Africa Special Report 2019 van die bekende Britse wynkenner, Tim Atkin MW.

Vir meer inligting of wynbestellings, besoek www.delheim.com of kontak Delheim by info@delheim.com of 021 888 4600.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>