Delheim behaal Platter-driekuns!

Op die vooraand van sy heropening, is drie wyne van die ikoniese Delheim-landgoed buite Stellenbosch met vyf sterre bekroon in die jongste Platter’s South African Wine Guide, Suid-Afrika se gewildste wyngids.

Die gesogte vyfstertoekennings is aan die Grand Reserve 2017, Vera Cruz Pinotage 2017 en die Edelspatz Noble Late Harvest 2019 toegeken.

Die Grand Reserve 2017 is die wynkelder se vlagskipwyn. Die eerste oesjaar het in 1981 verskyn. Dis ’n ware weerspieëling van wat die Stellenbosch-terroir kan bied vir Bordeaux-styl rooiwyne.

Die Vera Cruz Pinotage 2017 is ’n enkelwingerdwyn wat diversiteit na Delheim se top portefeulje bring. Die wyn het onlangs sy staal getoon deur die Absa Top 10-lys te haal.

Die Edelspatz word sedert 1979 gemaak en is een van Suid-Afrika se mees geliefde edel-laatoeswyne. Van aanstaande jaar af sal die wyn deel word van die Old Vine Project (OVP), die Suid-Afrikaanse inisiatief vir wyne wat van wingerde ouer as 35 jaar gemaak word. Die wyn kom uit die eerste riesling-blok wat by die OVP geregistreer sal word.

Delheim se wyne is beskikbaar by voorste handelaars en restaurante, sowel as by Delheim se aanlynwinkel by https://www.delheim.com/shop-online/.

Die voorgestelde handelsprys vir die Edelspatz is R310 per bottel, R420 vir die Grand Reserve 2017 en R470 vir die Vera Cruz Pinotage 2017. Die 2017-oesjare van die Grand Reserve & Vera Cruz word op 1 Desember bekend gestel, maar dit kan vooraf bestel word.

Besoek www.delheim.com vir meer inligting, of kontak Delheim op 021 888 4600 of by info@delheim.com.

Vind Delheim ook op Facebook, Twitter @Delheim en Instagram @delheimwines. Deel jou ervaringe met die kletspunte #WorthTheJourney #WorthTheWait.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>