De Toren se BOOK XVII 2018 ’n toonbeeld van uitnemendheid

Ervaar een van die wêreld se beste voorbeelde van wynmaak wanneer jy die buitengewone BOOK XVII proe. Hierdie weelderige wyn wat in beperkte hoeveelhede gemaak word, word met uitermate groot sorg op De Toren Private Cellar buite Stellenbosch geskep.

Die BOOK XVII 2018 is ’n wyn met ’n reputasie wat hom voorafgaan, soveel so dat die jaarlikse voorafbestelling van kliënte sowat twee-derdes van die 1 400 bottels wat jaarliks gemaak word, opneem. Die oorblywende bottels van die 2018-oesjaar word nou bekend gestel.

Vanjaar is ook die negende jaar dat hierdie buitegewone en eksklusiewe wyn bekend gestel word. Die jongste oesjaar van hierdie Bordeaux-versnit is selfs ryker en meer elegant as sy voorgangers.

Die volronde BOOK XVII word dikwels vergelyk met die befaamde “Super Tuscans” van die wêreld – daardie wyne wat gekenmerk word deur dapper wynmaak, eksperimentering met Bordeaux-vate en die omhelsing van moderne wingerdbou. BOOK XVII behels dit alles en word beskou as Suid-Afrika se weelderigste wyn. Dit is ook die Suid-Afrikaanse wyn wat die hoogste aangeskryf is deur een van die wêreld se mees vooraanstaande wynpublikasies, die VSA se Wine Enthusiast.

De Toren se BOOK XVII tel nie net onder die wêreld se beste nie, dit is ook ’n buitengewone voorbeeld van uitnemendheid in wingerdbou – geen onkoste of moeite is gespaar in die skep van hierdie kelderskat nie. Dit is ’n vertoonstuk van ’n wyn wat aan die wêreld uitbasuin hoe hoog ’n Suid-Afrikaanse wynkelder kan uitstyg. Onbuigsame gehalte is sy raison d’être.

Hierdie weelderige rooi versnit van cabernet sauvignon, malbec en cabernet franc het ontwikkel uit De Toren se ander bekroonde Bordeaux-versnitte. Hierdie asemrowende samesmelting van die landgoed se eie cabernet sauvignon, malbec en cabernet franc toon fenomenale konsentrasie en ’n heerlike varsheid. Dit is hoogs gesofistikeerd en uiters soepel. Dit bied ’n boeket van ryp crème de cassis, vrugtekoek en vye met ’n mondgevoel wat volrond is en spog met ’n fluweelsagte tanniensktruktuur.

De Toren se keldermeester, Charles Williams, het die volgende te sê oor die wyn: “Die sensasionele BOOK XVII is ’n viering van hierdie oesjaar se uitmuntende uitdrukking van vrugte, sy indrukwekkend sterk eienskappe en sy subtiele elegansie. Dit, tesame met die span se volgehoue standaarde, aandag aan detail en absolute passie, sorg vir ’n versnit wat eenvoudig van ’n ander wêreld is.”

Met BOOK XVII het De Toren die oorspronklike voordele van wyn met die hand maak gekombineer met absolute aandag aan detail in elke fase van die proses. Hierdie benadering word gekombineer met die jongste wingerdboutegnieke en wynmaaktegnologie.

Infrarooi-lugfoto’s word gebruik om die heel beste wingerdstokke te identifiseer wat dan gesnoei word om slegs tussen vier en ses perfek gebalanseerde druiwetrosse per stok te dra. Elkeen van hierdie trosse ontvang dan individuele aandag regdeur die rypwordproses waarna hulle met die hand gepluk en versigtig ontstingel word deur ’n uitgesoekte span vrouens. De Toren is bekend daarvoor dat hy net vrouens in diens neem om in die wingerde te werk as deel van sy strewe na perfeksie. Daar word geglo dat vrouens kleiner en sagter hande het en dus meer delikaat werk met druiwetrosse, noodsaaklik wanneer wyn van uitsonderlike gehalte geskep word.

Wanneer die wynmaakproses sy einde bereik, kry elke bottel ’n etiket en nommer wat per hand aangebring word. Hierdie skouspelagtige wyn word aangebied in ’n spesiaal gemaakte en verseëlde houtboks, vergesel van ’n ikoniese sleutel om die “veiligheid” van dié versamelaarsitem te verseker. BOOK XVII kan vir 40 jaar en selfs meer verouder, maar dit kan ook onmiddellik geniet word.

Om die wyn te bestel, of om aan ’n virtuele proe deel te neem, stuur ’n epos aan info@de-toren.com. Vir meer inligting oor die landgoed, besoek https://de-toren.com/.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>