De Krans stel jongste Free Run Chenin Blanc bekend

Drink Chenin! Nee, dis nie ’n opdrag nie, net goeie, gesonde advies. En as jy nie weet waar om te begin nie, hoekom nie met De Krans se jongste Free Run Chenin Blanc nie?

Hierdie unieke, boetiekstyl Chenin Blanc van die 2020-oesjaar is vol geure van ryp tropiese vrugte  soos piesangs, koejawel en grenadella, asook sweempies lemmetjie. Die wyn is kompleks met goed-geÏntegreerde  suur, wat lei tot ‘n netjies afgeronde wyn met ‘n blywende, volronde nasmaak.

Die De Krans Free Run Chenin Blanc 2020 word beskryf as ‘n vryloop- chenin blanc omdat slegs die vryloopsap gebruik word wat lei tot meer intense vrugte-geure, kompleksiteit en ‘n uitstekende houvermoë.

Die wyn is lig genoeg om op sy eie te geniet (bedien lekker yskoud), maar werk ook goed met somerslaaie en seekosdisse.

Dié Chenin Blanc is nie net ‘n winskopie as dit kom by waarde vir geld nie, maar dit het ook reeds ‘n hele rits  toekennings ingepalm, insluitende dubbelgoud by die 2020- Vitis Vinifera Awards, goud by die 2020- Gold Wine Awards en silwer by die 2020- Ultra Value Challenge.

Die De Krans Free Run Chenin Blanc 2020 is beskikbaar by uitgesoekte drankwinkels teen ongeveer R70 per bottel en vorm deel van die landgoed se “Klassieke Variëteitsreeks” wat ook die Wild Ferment Chardonnay, Pinotage Rosé en Basket Press Cabernet Sauvignon insluit.

Besoek gerus www.dekrans.co.za vir meer inligting oor De Krans se wyne, asook inligting oor  De Krans se Wynklub en sosiale media.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>