De Krans Pinotage Rosé en seekos-paella ’n wenkombinasie

Die jongste oesjaar van De Krans se gewilde Pinotage Rosé is aan die einde van April bekend gestel en spog met ’n mondvol rooivrugtegeure en ’n goed gebalanseerde suur wat lei tot ’n ontploffing van varsheid in die mond. Ruik en jy sal verras wees met subtiele aromas van roosblare, spookasem en aarbei.

 

Shannon Botes, bestuurder en sjef van die De Krans Bistro & Deli, beveel aan dat die De Krans Pinotage Rosé 2018 met ’n heerlike seekos-paella geniet word. Hier is sy resep:

 

Bedien 4 – 6 mense

 

Bestanddele

 

2 teelepels saffraan

2 teelepels paprika

2 uie, gesny

2 knoffelhuisies, gekap

1 groen soetrissie, gekap

1 rooi soetrissie, gekap

1 medium chorizo-worsie, in ringe gesny

2 koppies Arborio-rys

1.5 liter visaftreksel

1.5 koppie mossels

2 stokvisfillette, in blokkies gesny

1.5 koppie calamari

1.5 koppie garnale

1.5 koppie ertjies

 

Metode

 

– Braai die ui en gekapte knoffel in olyfolie en ’n eetlepel botter

– Voeg die groen en rooi soetrissies by

– Voeg die gesnyde chorizo by en laat prut vir paar minute

– Voeg die Arborio-rys by en roer deur. Laat prut vir paar minute

– Voeg die saffraan en paprika by

– Roer versigtig op lae hitte en voeg stadig die visaftreksel by, een koppie op ’n slag

– Ten slotte, voeg die stokvis, mossels, calamari en garnale by. Moenie roer nie want visblokkies kan opbreek

– Prut totdat die vis gaar is

– Voeg ertjies by tot warm

– Voeg sout en peper na smaak by en bedien

 

Geniet hierdie feesmaal met De Krans se jongste Pinotage Rosé.

 

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>