De Krans onthul nuwe Muscat Nectar Alcohol-Free Sparkling

De Krans Wines het sy gewilde Moscato-reeks uitgebrei met die bekendstelling van die Muscat Nectar Alcohol-Free Sparkling. Hierdie verfrissende, alkoholvrye wyn word uitsluitlik van muskaat-druiwe gemaak en ontvang ’n ligte vonkel wanneer dit gebottel word.

De Krans se Muscat Nectar het heerlike tropiese geure met sweempies muskaat en ’n gebalanseerde suur. Nes as die landgoed se De Krans White en Red Moscato Perlé sal die Muscat Nectar Alcohol-Free Sparkling ongetwyfeld gewild wees by diegene wat na ’n effens soeter wyn met vonkel smag, of dit nou op die spyskaart of op die rak is.

Die Muscat Nectar Alcohol-Free Sparkling kos sowat R58 per bottel. De Krans beveel aan dat die vonkelwyn verkil geniet word, op sy eie, of saam met vars somerslaaie, charcuterie of ligte maaltye. Die wyn is van middel Maart af op die plaas self beskikbaar of landwyd by uitgesoekte handelaars.

Alkoholvrye wyne en wyne waaruit alkohol verwyder is (ja, daar is ’n verskil!) is deesdae mode en daar word verwag dat wynlyste hierdie nuwe kategorieë sal weerspieël. Met nuwe wetgewing van 0% alkohol wat voorgestel word vir motorvoertuigbestuurders, sal wyne in albei kategorieë na verwagting al hoe gewilder word in die toekoms, veral in restaurante en hotels. Met die strenger toepassing van drink-en-bestuur-reëls, asook die skuif na ’n gesonder leefstyl, lyk dit of wynprodusente wat alkoholvrye wyne maak, of wyne waarvan die alkohol verwyder is, die voortou geneem het in ’n nuwe era.

Sedert De Krans hul Premium White Moscato Perlé in 2012 bekend gestel het, het dit een van die landgoed se beste verkopers geword. Die Premium White Moscato Perlé, wat die beste van Muscat de Frontignan en Muscat de Alexandrie bymekaar bring, bied ’n verfrissende, alledaagse wyn met ’n ligte vonkel en gebalanseerde suur. Sy lae alkohol-inhoud van slegs 8% en tropiese geure van lietsji, appelkoos en sweempies heuning het hom in staat gestel om vinnig harte te steel.

De Krans het die reeks in 2017 uitgebrei met die Premium Red Moscato Perlé. Hierdie wyn, wat van muskadel-druiwe en hanepoot gemaak word, bevat ook sowat 15% pinotage wat daaraan ’n lewendige rooi-pers kleur bied, asook ’n heeltemal ander geurprofiel as sy wit stalmaat. Die Red Moscato bied sterk geure van aarbeie en swartbessies met lietsji en sagte muskaat-aromas in die neus.

Vir meer inligting, of om aanlyn te bestel, besoek www.dekrans.co.za en volg De Krans op sosiale media.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>