De Krans Moscato Perlé – ’n verfrissende alternatief vir vonkelwyn

Almal soek bietjie vonkel in hul lewens, maar nie almal is altyd lus vir tradisionele vonkelwyn nie. Wel, De Krans se Premium Moscato Perlé White het sedert sy bekendstelling in 2012 ’n stewige gevolg opgebou, en sedert die Moscato Perlé Red twee jaar gelede op die toneel verskyn het, het hierdie twee ’n gewilde alternatief vir tradisionele vonkelwyn geword.

Die woord moscato verwys na die druiwe wat vir die wyn gebruik word, naamlik muskadel, of muscat de frontignan in die geval van De Krans se Moscato’s. Perlé verwys weer na die feit dat die wyn ’n vonkelende karakter het.

Wat hierdie wynstyl so gewild maak, is nie net die feit dat dit laag in alkohol is nie (albei wyne het ’n alkoholinhoud van slegs 8,5%), maar ook omdat albei so veelsydig is. Omdat albei natuurlik soet is met ’n vars suur en ligte borrels, is dit die ideale wyn om mense mee te verwelkom, om ’n sonsondergang te vergesel of eenvoudig as ’n vars en meer besostigbare alternatief vir tradisionele vonkelwyn. Sowel die wit as die rooi Moscato Perlé maak ook heerlike sangria, die ideale drankie vir ’n ontspanne somersdag (besoek die webblad vir resepte).

Hierbenewens is albei wyne goeie kosmaats. Die Moscato Perlé White, gemaak van wit muskadel-druiwe, het heerlike vrugtegeure van lietsji en muskaat, met heuning en eksotiese speserye. Die Moscato Perlé Red, gemaak van muskadel-druiwe met so 15% pinotage, vertoon ’n lewendige rooi kleur en ’n goeie tannienstruktuur. Dit is propvol vrugtegeure, insluitende bessies en pruimedante, met subtiele eksotiese speserye.

Sowel die Moscato White en Red werk puik saam met somerslaaie, charcuterie en ligte etes. Dit sorg ook vir ’n interessante kombinasie met matige kerries en ander speseryagtige disse.

De Krans se Moscato Perlé White en die Moscato Perlé Red kos sowat R65 per bottel en is beskikbaar by Checkers, Pick & Pay, Makro, Ultra en die meeste Tops- en onafhanklike winkels.

Vir meer inligting oor hierdie wyne en Moscato-resepte, besoek www.dekrans.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>