De Krans Free Run Chenin Blanc – ’n Viering van die Somer!

Met die somer wat wink, is dit tyd om te kyk na wyn wat hierdie seisoen vier, ’n wyn soos De Krans se Free Run Chenin Blanc 2019, die ideale viering van blou lug en sonskyn. Die Free Run Chenin Blanc 2019 is propvol tropiese vrugtegeure omdat slegs die vryloopsap (voordat die druiwe gepars word) vir die wyn gebruik is. Hierdie vrugtekarakter gee aan die wyn – wat ’n vars, gebalanseerde suur vertoon – ’n heerlike, vol mondgevoel.

Die De Krans Free Run Chenin Blanc 2019 is lig genoeg om op sy eie geniet te word, maar sal ’n goeie pasmaat wees vir vis- of hoenderdisse, slaaie en pastageregte.

Die absolute drinkbaarheid van hierdie ongehoute Chenin Blanc, tesame met sy uitstekende waarde vir geld, maak van hom die ideale witwyn vir alledaagse genot. Hierdie plesierige wyn het onlangs ook sy staal getoon deur ’n goue medalje op die 2019 Gold Wine Awards los te slaan. Die wyn vorm deel van De Krans se enkelkultivar-wynreeks wat ook die Wild Ferment Chardonnay, Pinotage Rosé en Basket Press Cabernet Sauvignon insluit. Hierdie boetiekstylwyne is bekend vir hul kenmerkende wynmaaktegnieke (daarom die beskrywende name) en die balans tussen kompleksiteit en drinkbaarheid.

Hoewel De Krans Wines internasionaal bekend is vir sy portstylwyne, spog hy ook met ’n terroir-reeks wat unieke rooiwyne van Portugese kultivars  insluit, soos die veelbekroonde Tritonia Red (’n unieke Calitzdorp-versnit) wat onlangs as die beste rooi versnit aangewys is op die Old Mutual Trophy-wynskou.

De Krans se Free Run Chenin Blanc 2019 is landwyd beskikbaar by die meeste winkels en kos maar net sowat R67 per bottel. Dit kan ook aanlyn bestel word by www.dekrans.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>