Die De Krans-wynkelder by Calitzdorp se uitstekende Cape Tawny Port is pas aangewys as die algehele wenner van die 2010- Peter Schulz Port Challenge – die grootste portkompetisie in Suid-Afrika.
Die De Krans Cape Tawny Port het ’n lieflike kopergoue kleur met ’n aangename koffie- en neute-karakter.
Hierdie port het ook vroeër vanjaar ’n vyfstergradering ontvang by Wine Magazine en is aangewys as ’n vyfster-port in die 2010- Platter-wyngids. Die Cape Tawny Port se kleinhandelprys is R80-00.
De Krans se Cape Vintage Reserve 1999 het ook uitstekend gevaar in die Museum-klas en is ook nou beskikbaar by die wynkelder.
Besoek gerus die kelder weeksdae tussen 08:00 en 17:00, en Saterdae tussen 09:00 en 15:00. Vir enige navrae, kontak gerus vir Helet Viljoen of Bessie Barnardo by 044-213-3314, of stuur ’n e-pos na dekrans@mweb.co.za
EINDE
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast