De Krans Cabernet Sauvignon 2018: Die ideale braaiwyn!

Niks vergelyk met ’n puik cabernet sauvignon nie, veral nie een wat goed gestruktureerd is en ewe genotvol op sy eie of saam met smullekker gemakskos soos pizza, pasta of doodgewone, tradisionele braaivleis is nie.

De Krans se Basket Press Cabernet Sauvignon 2018 het ‘n tipiese karakter van cassis en ryp bessies met vars pruimedant en seder-spesery in die neus. Wat hierdie Cabernet Sauvignon so uniek maak, is die gebruik van ’n mandjiepers in die wynmaakproses wat sagter met die druiwe werk en lei tot ’n soepeler tannien-struktuur en vrugtegeure van pruime, moerbeie en donker kersies.

De Krans se Basket Press Cabernet Sauvignon 2018 voltooi die landgoed se “klassieke kultivarreeks” wat fokus op unieke boetiekstylwyne van klassieke kultivars teen bekostigbare pryse. Die reeks sluit ook in De Krans se Free-Run Chenin Blanc, Wild-Ferment Chardonnay en Pinotage Rosé.

De Krans is geleë buite Calitzdorp in die Klein Karoo langs die bekende Roete 62. Hoewel hierdie privaatkelder sinoniem geword het vir sy veelbekroonde portwyne, hey hy oor die jare heen ook daarin geslaag om sy repertoire suksesvol uit te brei en produseer vandag ook unieke rooiwyne van Portugese druifsoorte. Sy Touriga Nacional en Tritonia Rooi (Calitzdorp Blend) is twee puik voorbeelde hiervan.

Die De Krans Basket Press Cabernet Sauvignon 2018 kos sowat R76 per bottel in geselekteerde winkels landswyd.

Die wyn is ook aanlyn beskikbaar by www.dekrans.co.za waar meer inligting oor hierdie en ander wyne in die omvattende De Krans-portefeulje beskikbaar is.

EINDE

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>