De Krans bied unieke blik op die uitsonderlike terroir van Calitzdorp

Hoewel die De Krans-privaatkelder buite Calitzdorp in die Klein Karoo sinoniem geword het met portwyne van wêreldgehalte, het die landgoed ook daarin geslaag om sy verhouding met Portugese kultivars uit te bou tot ’n unieke reeks droë tafelwyne van Portugese druifsoorte bekend as die Terroir-reeks.

Die konneksie tussen Suid-Afrika se “porthoofstad” en die Douro-vallei in Portugal is baie gepas as in ag geneem word dat die terroir van die twee streke soveel ooreenstem.

Wat De Krans se storie egter uniek maak, is die feit dat die eerste Portugese wingerde wat in 1973 hier aangeplant is eintlik veronderstel was om shiraz te wees! Slegs toe die eerste druiwe ‘n paar jaar later ge-oes is, is vasgestel dat dit in werklikheid tinta barocca is, een van die belangrikste Portugese kultivars wat vandag in die meeste van die landgoed se Portugese tafel- en portwyne gebruik word.

Touriga nacional is in 1994 vir die eerste keer op De Krans aangeplant, met die eerste oesjaarwyne wat in 2000 bekend gestel is. Die huidige oesjaar De Krans Touriga Nacional spog met sappige, donker vrugtegeure, speserye en ferm taniene wat die wyn ‘n sterk struktuur gee. Die wyn het ’n besonderse goeie 2019 gehad met die 2017-oesjaar wat aangewys is as die nasionale wenner in sy kategorie by die Novarre SA Terroir Awards. Die wyn het ook 90 punte ontvang in die 2019-verslag van die bekende wynkenner, Tim Atkin MW.

Die Tritonia Red (Calitzdorp Blend), wat vernoem is na ‘n vetplant wat voorkom in die spesie-ryke Klein Karoo-streek, is ’n versnit van die Portugese kultivars touriga nacional, tinta roriz, tinta bBarocca en tinta amarela. Hierdie elegante volronde versnit is die perfekte kombinasie van vrug en aardsheid met geïntegreerde hout. Sowel die Tritonia Red as die Touriga Nacional kombineer uitstekend met enige soort rooivleis, maar veral met wildsvleis en volstruis.

Hierdie vlagskipversnit het ook reeds heelwat toekennings ingepalm, soos die  trofee vir die beste “Nie- Bordeaux Versnit” by die Old Mutual Trophy Awards in sowel 2017 as 2019. Dit het ook 4½ sterre ontvang in die bekende Platter-gids van 2019, 93 punte in die jaarlikse verslag van Tim Atkin MW en ’n goue medalje op die Six Nations Challenge in sowel 2017 as 2018.

Hierdie wyne is landwyd beskikbaar in uitgesoekte wynwinkels teen sowat R145 vir die Touriga Nacional en R235 vir die Tritonia Red (Calitzdorp Blend). Die wyne is ook aanlyn beskikbaar by www.dekrans.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>