De Krans Basket Press Cabernet Sauvignon 2017 – só drinkbaar, só bekostigbaar!

Wanneer die winter aan die voordeur klop, sê tradisie mos dis tyd vir rooiwyn, maar enige ware wynliefhebber sal gou vertel dat enige tyd die regte tyd vir ’n goeie rooie is. Of jy nou op jou eie ’n sielsverkwikkende rooietjie wil geniet of saam met famile en vriende, De Krans se Basket Press Cabernet Sauvignon 2017 is net die regte medisyne om enige geleentheid in iets spesiaal te omskep.

 

Hierdie gemaklike rooie gly seepglad in die keel af danksy die gebruik van ’n mandjiepers wat sagkens met die druiwe gewerk het. Die wyn is lig gehout sodat hy regdeur die jaar ’n glimlag na die mond sal bring.

 

Louis van der Riet, De Krans se bekroonde wynmaker, het nét cabernet sauvignon-druiwe vir hierdie wyn gebruik uit ’n wingerd wat opgelei en mikro-besproei is. Die druiwe is aan die begin van Maart 2017 teen optimale rypheid met die hand gepluk. Die delikate hantering van die druiwe regdeur die wynmaakproses het ’n wyn tot gevolg wat oorloop van elegante, donker vrugtegeure soos pruim, moerbei en donker kersie. Dit het ’n pragtige, rooi robynkleur, soepel tanniene en sweempies kersiesigaar in die mond. Dis nie net ’n wyn om op sy eie geniet te word nie, maar ook met pastadisse, pizzas en ’n goeie ou Suid-Afrikaanse vleisbraai.

 

Die De Krans Basket Press Cabernet Sauvignon 2017 is net net ’n wenner in die mond nie, maar ook in die beursie! Hy kos slegs R65 per bottel en is op die landgoed sowel as landwyd by drankwinkels beskikbaar.

 

Vir meer inligting, besoek www.dekrans.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>