De Grendel Proposal Hill Brut Rosé 2016 – Eerste oesjaar vier liefde en erfenis

Die heel eerste De Grendel Proposal Hill Brut Rosé 2016 is ’n ware viering van die liefde en erfenis. In 1939 het ’n jong Sir De Villiers Graaff op ’n koppie in die Tygerberg-heuwels met ’n uitsig op Kaapstad en Tafelberg sy geliefde Ena gevra om met hom te trou. Daardie koppie het bekend geword as Proposal Hill. Hul huwelik het 60 jaar lank geduur tot sy heengaan in 1999.

Maar hierdie sjampanje vier ook ’n ryk erfenis aangesien dit die 300ste viering van hierdie bekroonde Kaapse plaas gedenk.

Die eerste Proposal Hill Brut Rosé, van die 2016-oesjaar, bestaan geheel en al uit pinot noir-druiwe. Die wingerde is tussen 8 en 10 jaar oud en, ironies genoeg, het dieselfde uitsig wat die jong paartjie destyds sou gehad het.

Die trosse vir hierdie “viering van die liefde en erfenis” is heel gepars en die sap het 120 dae op die moer deurgebring na alkoholiese gisting. Appelmelksuurgisting het plaas gevind terwyl die sap op die moer was. Die wyn het toe ’n tweede gistingsproses in die bottel ondergaan.

Die De Grendel Proposal Hill Brut Rosé 2016 is kompleks met ’n “swaarder” mondgevoel as die gemiddelde sjampanje, kurkdroog en bied ’n volgehoue mousse wat sweempies oesterdop en vars laventel na die neus bring. In die mond word geure van aarbeisous en swart kersies bespeur, asook ’n goed gebalanseerde en ferm suur wat luier in die uitsonderlike lang nasmaak.

Die De Grendel Proposal Hill Brut Rosé 2016 kan nou reeds geniet word, maar sal oor die volgende 3 tot 5 jaar verouder vir groter rykheid. Dit kos R280 aanlyn by www.degrendel.co.za/our-wines en in die proelokaal, maar is landwyd beskikbaar in uitgesoekte drankwinkels.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>