Constantia-trio in SA Top 10 op lys van wêreld se beste wingerde

Klein Constantia, Steenberg Vineyards en Groot Constantia kan hulself met reg op die spreekwoordelike skouer klop want hulle het nie net die top 10-lys van beste wingerde in Suid-Afrika gehaal nie, maar is ook ingesluit in die top 100-lys van die wêreld se beste wingerde.

Wêreldwyd word Klein Constantia 44ste geplaas, terwyl Steenberg Vineyards die 84ste plek en Groot Constantia die 86ste plek beklee.

Dit is die derde jaar van die World’s Best Vineyards, die susterkompetisie van die bekende World’s Best Restaurants.

Die 100 beste wingerde word aangewys deur ’n paneel van bykans 600 vooraanstaande kenners, sommeliers en internasionale wyn- en reisskrywers van verskillende streke regoor die wêreld. Elkeen stem vir sy/haar sewe gunsteling-wynplase.

Vir meer inligting oor die kompetisie, besoek https://www.worldsbestvineyards.com/

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>