Constantia Glen stel jongste Sauvignon Blanc bekend

Constantia Glen se Sauvignon Blanc 2019 is ‘n wonderlike komplekse wyn met hope persoonlikheid en ‘n ongeskonde uitdrukking van sy herkoms. Die wyn met sy mengelmoes van geure is afkomstig van droëlandwingerde wat teen die hange van die Constantiaberg groei. Die Constantia-vallei is een van Suid-Afrika se mees gesogte streke vir sauvignon blanc.

“Die 2019- Sauvignon Blanc bied besonderse balans. Die klassieke aromas eie aan dié kultivar word ondersteun deur die geurkonsentrasie in die mond. Die wyn bied ‘n goeie balans tussen suur en lyf wat ‘n lekker verfrissende Sauvignon Blanc met ‘n blywende, droë afronding oplewer,“ sê die wynmaker, Justin van Wyk.

Die druiwe kom van uitgestrekte droëlandwingerde wat sonder enige bykomende besproeiing floreer op die beskutte hellings net onder Constantia Nek. Hier word die wingerde beskerm teen stormwind en droë, bloedige warm somers. Hierdie unieke ligging verseker dat ‘n ekstra uur van sonlig die druiwe kan bereik en help met die rypwordproses. Die resultaat is ‘n lae opbrengs van druiwe met puik smaakkonsentrasie.

Die bekoorlike 2019- Sauvignon Blanc is ‘n uitbeelding van elegansie met talmende sitroengras- en lemmetjiegeure vanaf die eerste sluk. Die wyn begroet met sweempies pomelo en witperske voor delikate tikkies swartbessie, ster-anys en vlierblom hul verskyning maak.

Die Constantia Glen Sauvignon Blanc 2019 is direk by die landgoed, sowel as by uitgesoekte restaurante en boetiekwynwinkels beskikbaar. Dit verkoop by die kelderdeur teen R195 per bottel.

Constantia Glen se proekamer is oop vanaf 11vm tot 6nm van Sondag tot Vrydag en vanaf 11vm tot 8nm op Saterdae. Vir meer inligting, skakel 021-795-5639 of stuur ‘n epos aan reservations@constantiaglen.com, of besoek www.constantiaglen.com.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>