Chery tree toe tot Suid-Afrikaanse mark

China se vernaamste voertuig-uitvoerhandelsmerk vir die afgelope 18 jaar, Chery, hete besluit om ook Suid-Afrika toe te kom. Chery South Africa is ’n volle filiaal van hierdie Chinese reus.

Vanuit sy nuwe hoofkantoor in Bryanston, Johannesburg, sal Chery South Africa begin om die eerste 30 handelaars aan te stel en voorbereidings te tref vir die bekendstelling van die eerste voertuie wat in die vierde kwartaal van vanjaar verwag word.

Sedert hy 24 jaar gelede sy eerste voertuie begin vervaardig het, het Chery gefokus op die ontwikkeling van sy eie kerntegnologie, insluitende ’n reeks enjins, platforms en veiligheidstegnologie.

Die platforms sluit in die SNV-gefokusde T1X, die M3X vir sportnuts- en veeldoelvoertuie (MPV) aan die bopunt van die modelreeks, die M1X-platform vir sedans en die NEV-platfowm vir Chery se reeks “nuwe energie”-voertuie.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>