Chery Tiggo op pad na Suid-Afrika

Chery South Africa het bekend gemaak dat sy nuwe Tiggo 4 Pro eersdaags in Suid-Afrika te koop sal wees.

Hierdie kompakte SNV (sportnutsvoertuig), in die sogenaamde stedelike klas (Urban SUV Class), sal die eerste model wees wat dié Chinese vervaardiger in Suid-Afrika bekend stel nadat 30 handelaars aangestel is.

Die maatskappy sê die Tiggo 4 Pro is die eerste ambassadeur vir die moderne Chery-ontwerpstyl. Dit sluit ’n groot sierrooster met geïntegreerde LED-koplampe en LED-dagryligte in.

Afhangende van die spesifikasievlak, sal die Chery Tiggo 4 Pro met allooiwiele van òf 16” òf 17” bemark word.

Enjins

Die Tiggo 4 Pro is beskikbaar met Chery se volgende geslag petrolenjin van 1,5 liter en sal in sowel handrat as die sogenaamde CVT-transmissie verkoop word.

Die intreevlakmodelle sal toegerus wees met die normaal aangedrewe weergawe van die viersilinderenjin wat 85 kW en 141 N.m lewer. Die krag word na die voorwiele gelewer.

Die turbo-aangedrewe weergawe word toegerus met Chery se bekroonde TCI-turbo-enjin wat 108 kW en 210 N.m lewer.

Al die modelle sal met sowel passiewe as dinamiese veiligheidstelsels toegerus wees. As een van die jongste modelle in die Chery-familie, sal die Tiggo 4 Pro ook dubbelskermweelde as standard-toerusting bekend stel.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>