Chenin blanc steel die kollig in jaarlikse verslag

Die vooraanstaande Britse wynkenner, Tim Atkin MW, het sy jongste indiepteverslag van die Suid-Afrikaanse wynbedryf bekend gestel. Sy jaarlikse verslag, nou in sy agtste jaar en beskikbaar by timatkin.com, word beskou as een van die volledigste en gesaghebbendste oorsigte van Suid-Afrikaanse wyn.

Beste wyne in SA se geskiedenis

“Ondanks al die uitdagings wat die bedryf in die gesig staar, maak Suid-Afrika vandag die beste wyne in sy geskiedenis,” sê Atkin. “Oor die dekade van hierdie verslae saamstel, was dit verblydend om die algehele verbetering in gehalte en die tentatiewe verrysing van ’n sektor vir voortreflike wyn te sien met bottels wat bespreek, geberg, gekoester, gedeel en op veilings verkoop word.

“Eerder as net ’n paar individue, het ons nou ’n sterrebeeld wat helder bo ons in die hemel skyn en bestaan uit meer as 100 wynmaaksterre.”

Sadie Family Skurfberg Chenin Blanc 2019.

Volpunte

Porseleinberg Syrah 2018.

Vir slegs die tweede keer ooit het Atkin die hoogste moontlike telling toegeken aan ’n wyn uit die Nuwe Wêreld. Vanjaar het twee wyne, een rooi en een wit, volpunte aangeteken.

“Vanjaar het ek twee perfekte tellings van 100 punte toegeken. Hierdie is slegs die tweede en derde wyne wat hierdie prestasie behaal (die eerste was die Kanonkop Sauer 2015, in 2018),” sê hy. “Hierdie merkwaardige wêreldklaswyne is die Porseleinberg Syrah 2018 uit die Swartland en die Sadie Family Skurfberg Chenin Blanc 2019 van die Olifantsrivier.

“Maar dis nie al nie, 23 ander wyne het 97 punte of meer aangeteken. Chenin blanc is die kutivar wat uitstaan in hierdie oesjaar met 32 chenins wat 95 punte of meer aangeteken het, maar skaarser druifsoorte soos colombard, tinta barocca en palomino tel ook onder my 153 wyne van die jaar. Ek salueer al die wennende wynmakers vir hul ongelooflige pogings.”

Atkin gee ook erkenning aan die uitsonderlike wynmakers van die jaar.

South frican Special Report se 2020-podium 

Wynmaker van die Jaar: Gottfried Mocke van Boekenhoutskloof

Jong  Wynmaker van die Jaar: David en Nadia Sadie van David & Nadia

Druifverbouer van die Jaar: Johan Reyneke van Reyneke Wines

Koöperasie van die Jaar: Riebeek Valley Wine Company

Wynmaaklegende: Peter Finlayson van Bouchard Finlayson

Beste Kelder-ervaring: Delaire Graff 

Algehele Witwyn van die Jaar: 2019 Sadie Family Skurfberg Chenin Blanc, Olifantsrivier 

Algehele Rooiwyn van die Jaar: 2018 Porseleinberg Syrah, Swartland 

Gottfried Mocke, Tim Atkin se Wynmaker van die Jaar.

Algehele Rosé van die Jaar: 2019 Lievland Liefkoos Rosé, Stellenbosch

Algehele Vonkelwyn van die Jaar: 2014 Graham Beck Cuvée Clive, Wes-Kaap 

Algehele Soetwyn van die Jaar: 2017 Klein Constantia Vin de Constance, Constantia

Algehele Gefortifiseerde Wyn van die Jaar: 2018 De Krans Cape Vintage Reserve, Calitzdorp

Rooiwyn-ontdekking van die Jaar: 2017 Miles Mossop Sam, Stellenbosch 

Witwyn-ontdekking van die Jaar: 2019 Thorne & Daughters Snakes & Ladders Sauvignon Blanc, Citrusdalberg 

Beste Waarde-Witwyn van die Jaar: 2019 Eikendal Janina Unwooded Chardonnay, Wes-Kaap

Beste Waarde-Rooiwyn van die Jaar: 2019 Boplaas Touriga Nacional Family Reserve, Calitzdorp

Beste Waarde-Rosé van die Jaar: 2019 Meerhof Grenache Rosé, Swartland

Beste Waarde-Vonkelwyn van die Jaar: 2011 Bon Courage Jacques Bruère Blanc de Blancs, Robertson

Beste Waarde-Soetwyn van die Jaar: 2019 Klawer Cellars Villa Esposto Straw Wine, Citrusdalberg

Beste Waarde-Gefortifiseerde Wyn van die Jaar: 2014 Alvi’s Drift Muscat de Frontignan, Worcester

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>