Chateau Libertas nou ook in ’n boks

Dit moes seker een of ander tyd gebeur! Na sowat 90 jaar in die bottel – met groot sukses – is daar besluit om Chateau Libertas voortaan ook in ’n boksverpakking te bemark.

Vir die eerste keer sedert hierdie soepel, sappige cabernet sauvignon-gedrewe versnit, lig gehout, met die 1932-oesjaar bekend gestel is, sal hierdie ikoon van die Suid-Afrikaanse wynlandskap nou ook in ’n gerieflike en eko-vriendelike boks van 2 liter beskikbaar wees.

Na byna 90 jaar bly Chateau Libertas steeds mense beïndruk. Onlangs nog het hierdie rooi versnit ‘n top 10-plek los geslaan in vanjaar se Prescient Signature Red Blend Report en is aangewys as die beoordelingspaneel se beste kopie.

Die tweeliterboksweergawe van Chateau Libertas kos sowat R120 teenoor die sowat R60 van die 750ml-bottel.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>