Chateau Del Rei – geblikte vonkel vir enige geleentheid!

Moet my nie in ‘n blik druk nie kry nuwe betekenis met Chateau Del Rei, ’n natuurlike soet vonkelwyn wat vir ekstra gerief in ’n blikkie beskikbaar is.

Chateau Del Rei het ‘n lekker vrugtige en lewendige smaak. Dit kom in ‘n stylvolle blikkie en is in die kol vir heerlike uitspan- en ontspangeleenthede, binne of buite. Hierdie gesellige vonkelwyn, met ’n lae alkoholinhoud van slegs 7%, is ideaal vir vandag se gejaagde lewe en is daarop gemik om die lewe makliker, geriefliker en lekkerder te maak.

Chateau Del Rei is op sy lekkerste koud bedien, so hou gerus ’n paar blikkies in die yskas vir wanneer jy kuiermense verwag. Hierdie vars en verfrissende vonkelwyn word hoofsaaklik van chenin blanc-druiwe gemaak. ’n Skeut gekonsentreerde muskaat voeg ekstra vrugtigheid.

Chateau Del Rei is by toonaangewende winkels teen ongeveer R74.99 per 6-pak of R13.99 per gerieflike 250ml-blikkie beskikbaar.

Vir meer inligting oor Chateau Del Rei, kontak Wendy Xengana by (T) 021 886 8842, (F) 021 887 1005 of info@chillbev.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>