Cederberg wen gesogte toekennings in Engeland

Date posted:
May 19, 2009

Die Cederberg Privaat Kelder het vir die derde agtereenvolgende jaar pryse gewen op die jaarlikse Decanter World Wine Awards. Cederberg het maar vier jaar gelede vir die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem.

 

Wat die prestasie meer besonders maak, is dat geen kelder van Suid-Afrika dit nog ooit reggekry het om twee jaar na mekaar twee Decanter- nasionale trofeë te ontvang nie.

 

‘n Verdere spreekwoordelike kersie op die wynkoek is dat al vyf die wyne wat David Nieuwoudt, Cederberg se eienaar en wynmaker, ingeskryf het, beloon is. Hy sê hy het skoon hoendervleis gekry toe hulle vir hom die koevert gee.

 

Die wenwyne is Cederberg Five Generations Cabernet Sauvignon 2006 (kategorie: SA rooi Bordeaux-kultivar oor £10), Cederberg Sauvignon Blanc 2008 (kategorie: SA Sauvignon Blanc oor £10), Cederberg Shiraz 2007 (goud), David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2008 (silwer), Cederberg Chenin Blanc 2008 (brons).

 

Gedurende Augustus 2009 neem al die nasionale trofeewenners van elke land deel aan die internasionele Decanter-kompetisie. Die internasionale wenners word dan in September 2009 aangekondig.

 

Terloops, die Cederberg Shiraz 2007 wat vanjaar goud ontvang het se ouer suster het in 2008 met die internasionale Shiraz-louere weggestap.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram