Carrol Boyes skep meesterstuk saam met Fleur du Cap

Date posted:
March 15, 2012

Deur ‘n gesamentlike projek met Carrol Boyes, die bekende Suid Afrikaanse funksionele kuns-ikoon, het Fleur du Cap, bekend vir sy bekroonde wyne wat gemaak word soos die natuur dit behaag, nuwe stukrag aan sy slagspreuk, "Geïnspireer deur die Natuur", gegee.

 

Gemotiveer deur die gemeenskaplike doelwit van merkwaardige vakmanskap geïnspireer deur die natuur, het Fleur du Cap die Carrol Boyes-ontwerper Madeleine Morgan genader om nuwe funksionele wynverwante objets d'art deel te maak van haar nuwe “New Leaf” reeks.

 

Die resultaat is ‘n pragtige New Leaf-bottelprop in piouter, 'n meesterstuk in gesamentlike ontwerp wat die wese van Fleur du Cap se wyne versinnebeeld. Net soos die Fleur du Cap-wynmaakspan by Die Bergkelder in Stellenbosch, word Madeleine ook deur die natuur geïnspireer en kom suiwer, organiese en skulpturele vorms soos dié van 'n grashalmpie in haar ontwerpe na vore.

 

“Wat ek bewonder van die natuur is hoe sowel sterk as delikate vorms die perfekte verhoudinge met mekaar behou. Ek probeer om hierdie aspekte by my ontwerpe in te werk om sodoende sterk, elegante werke te skep wat ‘n mens aan die rustige eenvoud van die natuur herinner," sê Madeleine.

 

Met die seisoene wat verander, is Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2009 die perfekte manier om Madeleine se New Leaf-piouterbottelprop ten toon te stel. Hierdie volronde wyn loop oor van aarbei- en rooibessiegeure met ‘n titseltjie wit sjokolade, subtiele kruisement-nuanses en pikante eikehoutelemente. Hierdie geure smelt heerlik op die tong saam en word versterk deur ryk vrugtekoek- en sederhout-aksente. Die tanniene is stewig en ferm, ‘n goeie teken vir uitstekende verouderingspotensiaal, tog is die wyn sysag met ‘n fluweelagtige tekstuur wat lank op die tong talm. Die geurige Unfiltered Merlot gaan veral goed saam met Parma-ham en lamsosaties en is die perfekte pasmaat vir heerlike winterkoesterkos, soos beesstert.

 

"Met herfs op pad, hou ek daarvan om Fleur du Cap Unfiltered Merlot saam met lamtjops in 'n lieflike marineersous voor te sit. Dit werk ook heerlik saam met geroosterde hoender wat met salie en uie gevul is," sê die keldermeester, Andrea Freeborough.

 

Die Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2009 is teen ongeveer R110 per bottel beskikbaar by alle toonaangewende wynwinkels. Die Carrol Boyes New Leaf-piouterbottelprop is beskikbaar by Carrol Boyes-winkels landwyd en by Die Bergkelder vanaf die middel van Maart teen ongeveer R275.00.

 

Vir alle dinge geïnspireer deur die natuur, besoek tumblr.fleurducap.com of www.fleurducap.co.za.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram