CapeWine plaas kollig op SA se beste wyne

Terwyl die wêreld se aandag op die Suid-Afrikaanse wynbedryf gevestig is, is dit Wines of South Africa (WOSA) se voorreg om die kollig op die bedryf se grootste besigheidsplatform te laat val, naamlik CapeWine.

Oorspronklik, opwindend, en in sommige gevalle selfs effens stroom-op, Suid-Afrikaanse wyne trek wêreldwyd aandag met aanbiedinge van hoë gehalte en goeie waarde vir geld, wat ’n verskeidenheid van nuwe markte en opwindende geleenthede vir SA wyne blootlê.

WOSA bied met trots ’n geleentheid van drie dae by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS) aan, vanaf 12-14 September 2018. Die byeenkoms word weer deur die wêreld se voorste logistieke maatskappy, DHL Express, geborg.

Die Suid-Afrikaanse wynbedryf doen ’n beroep op alle wynprodusente, media en aankopers, sowel nasionaal as internasionaal, om Suid-Afrika se grootste wynhandelskou in hul dagboeke aan te teken en so te verseker dat hulle deel is van hierdie uitmuntende uitstalling van SA se beste wyne.

WOSA sal binnekort CapeWine 2018 se webtuiste loods wat meer inligting sal bevat. Hou die pers dop vir besonderhede.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>