Cabernet Franc-karnaval: Die “aspoester” wat tonge laat gons!

Vanjaar se Cabernet Franc-karnaval, die vierde keer wat hierdie “aspoester”-kultivar in die Kaap gevier word, sal wynliefhebbers weer eens blootstel aan die beste cabernet francs wat in Suid-Afrika te koop is.

Die 2018-karnaval word op Saterdag, 19 Mei, van 11vm af op die skilderagtige Avontuur-wynlandgoed tussen Stellenbosch en Somerset-Wes aangebied. Twee weke later is dit Gauteng se kans wanneer cabernet franc-produsente hul wyne op Vrydagaand, 1 Junie, by die Wanderers-klub in Johannesburg aanbied.

Tydens die Avontuur-geleentheid word die Cabernet Franc Challenge 2018 se top ses wyne in groepsessies vir fynproewers aangebied in ‘n afsonderlike lokaal. Kaartjies hiervoor is egter beperk omdat meeste van die topwyne baie skaars en eksklusief is. Die proe word aangebied deur die beoordelaarspaneel se hoof, Christine Rudman. Kaartjies is addisioneel beskikbaar teen R100 per persoon.

Die publiek word ook die geleentheid gebied om te “stem” vir hul gunsteling-wyn op die dag, wat ‘n interessante perspektief behoort te bied op die verskille tussen die smake van kenners en gewone wynliefhebbers.

Kaartjies vir die Cabernet Franc-karnaval is beskikbaar teen R250 per persoon, wat ‘n kristalglas, die proeë en ‘n R50 koskoepon insluit.  Hierdie kaartjies is beskikbaar by www.plankton.mobi.

Vir meer inligting, besoek www.cvomarketing.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>