Bosman Family Vineyards wen internasionale Fairtrade-trofee op IWC

Date posted:
October 2, 2012

Bosman Family Vineyards buite Wellington het homself weer eens bevestig as een van die voorste etiese leiers onder wynprodusente in Suid-Afrika toe dit die Fairtrade-toekenning op die onlangse International Wine Challenge (IWC) in die Verenigde Koninkryk gewen het.

 

Die Fairtrade-toekenning is vir wynproduserende streke wat amptelik erken word as deel van die Fairtrade-Assosiasie. Wyne word op meriete beoordeel en die Fairtrade-toekenning word tydens die IWC oorhandig aan die beste wyn met Fairtrade-sertifisering.

 

Bosman Family Vineyards was ook die enigste Suid-Afrikaanse kelder wat ? trofee tydens hierdie spoggeleentheid ontvang het.

 

Su Birch, hoof- uitvoerende beampte van Wines of South Africa (WOSA), was in ekstase oor hierdie toekenning: “Suid-Afrika is die wêreldleier in volhoubare en etiese wynproduksie en ons is opgewonde dat ? Suid-Afrikaanse wyn erkenning op hierdie manier ontvang het en dat uitnemende kwaliteit wel bereik kan word in ? etiese en omgewingsverantwoordelike manier.”

 

Petrus Bosman, Bosman Family Vineyards se besturende direkteur, het dankbaar gereageer: “Ons storie by Bosman Family Vineyards word nog steeds geskryf. As ? jong span is ons baie bewus daarvan dat die bladsye waarop ons vandag is, is die resultaat van die harde werk en toewyding van diegene wat die storie voor ons geskryf het. Om te boer volgens volhoubare beginsels is iets wat van geslag tot geslag in ons familie oorgedra is. Ons ervaring is dat die kwaliteit van jou produk groei oor tyd wanneer jy konstant belê in mense en die natuur.”

 

Francois Theron, Sosiale Antropoloog by die School of Public Leadership by die Universiteit Stellenbosch en Sosiale Ontwikkelingskonsultant by Bosman Family Vineyards, sê: “Hierdie toekenning gee betekenis aan pogings tot die vestiging van sosiale beplanningsvennootskappe waardeur alle plaas-aandeelhouers, -eienaars en -werknemers ingelig en bemag word om deel te neem aan ? volhoubare sosiale boerdery. Die Bosman Family Vineyards-benadering is ? standaard waarteen die bedryf homself kan meet.”

 

Die wenwyn was die 2011- Wild Valley Chenin Blanc. Die beoordelaars het die wyn beskryf as blomagtig met wit vrugaromas, vars suur, aantreklike pomelo en heuningblommetjies met ? ryk, suurdeegagtige, romerige tekstuur. Die wyn is beskikbaar by Sainsbury’s in die Verenigde Koninkryk teen £7.99.

 

Altesaam 338 beoordelaars vanuit 25 lande het 21 609 verskillende wyne van meer as 50 lande tydens die IWC geproe.

 

Einde

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram