Bonnievale Wines se Sauvignon Blanc 2021 presteer

Sedert die bekendstelling van Bonnievale Wines se The River Collection Sauvignon Blanc 2021 vroeër vanjaar het dié wyn reeds twee Internasionale toekennings ingepalm. Dit is vereer deur sowel Gilbert & Gaillard as op die Michelangelo International Wine & Spirits Competition.

Dit onderstreep die siening van Bonnievale Wines se hoofwynmaker, Marthinus Rademeyer, naamlik dat hierdie wyn “een van die beste nog” is.

Die 2021-oesjaar van die wynmakery se NEAT Sauvignon Blanc (regs), hul eerste alkoholvrye wyn van hierdie kultivar, het ook presteer deur ’n silwer medalje op vanjaar se Michelangelo-kompetisie in te palm.

Die aanbevole kleinhandelprys van die River Collection Sauvignon Blanc 2021 is R61, terwyl die NEAT Sauvignon Blanc R65 per bottel kos. Albei wyne is landwyd beskikbaar, maar kan ook bestel word by die aanlynwinkel by www.bonnievalewines.co.za.

Vir meer inligting oor Bonnievale Wines, skakel 023 616 2795 of stuur ’n epos aan tastings@bonnievalewines.co.za, of besoek die webblad.

Gesels saam op Twitter by @bonnievalewines, Instagram by #bonnievalewines en Facebook (https://www.facebook.com/bonnievalewines/).

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>