Bonnievale The River Collection Sauvignon Blanc 2021 ‘een van die beste’

Bonnievale Wines het die sluier gelig op die jongste oesjaar van The River Collection Sauvignon Blanc en beskryf dit as “een van die beste wat ons nog opgelewer het”.

Die Bonnievale The River Collection Sauvignon Blanc 2021 bied ‘n “skouspelagtige vertoning” van geure van tropiese vrugte en puik balans wat die uitnemendheid van die wynmakery onderstreep.

“Ons het die afgelope paar jaar met meer kennis en wysheid die bestuur van die wingerd aangepak, en dit het vrugte afgewerp,” sê Marthinus Rademeyer, die hoofwynmaker. “Dit weerspieël volharding, innovasie, samewerking en geloof.

“Gehalte is die hoeksteen van ons wynmaakproses wat verseker dat wynliefhebbers die produk kan geniet. Wynmaak verg nie net deurlopende innovasie nie, maar ook ‘n visie wat ons met ons produsente deel.”

Rademeyer het reeds 11 oeste by Bonnievale Wines onder die knie het.

“Die druiwe wat gebruik is vir die produksie van dié wyn is uit ‘n koeler deel van die Bonnievale-streek.  Ons is ook geseën met ‘n suidoostelike bries in die middae wat die druiwe afkoel,” sê Rademeyer. “Saam met die terroir dra die manier waarop die produsent die wingerdblokke bestuur ook by tot stadige, optimale rypwording.  Dit behels die vestiging van die perfekte mikroklimaat om te verseker dat die vrugte in die regte hoeveelheid lug en lig bedek word.”

Die aanbevole kleinhandelprys van die Bonnievale The River Collection Sauvignon Blanc 2021 is slegs R61,00 per bottel. Dit is landwyd beskikbaar en kanook  bestel word by die aanlynwinkel by www.bonnievalewines.co.za.

Vir meer inligting oor Bonnievale Wines, besoek die webstuiste, skakel 023 616 2795 of stuur ’n epos aan info@bonnievalewines.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>