Bonnievale stel sauvignon blanc met lae alkohol bekend

Die bekroonde Bonnievale-wynkelder het ‘n opwindende nuwe wyn by hul gewilde portefeulje gevoeg. Bonnievale NEAT Sauvignon Blanc 2020 is ’n vrugtige sauvignon blanc met minder as 0,5% alkohol.

Sogenaamde alkoholvrye wyne is ‘n wonderlike alternatief vir dié wat hul alkohol-inname dophou, hetsy tydens ‘n besigheidsete of as aangewese motorbestuurder.  Minder alkolhol beteken ook minder kalorieë – dus is Bonnievale NEAT ook vir diegene wat op ‘n gesonde eetplan is.  Met Bonnievale NEAT vind goeie kuiers sy perfekte, verantwoordelike pasmaat!

“Die tendens vir alkoholvrye wyne gons omtrent wêreldwyd.  Ons skaaf al twee jaar aan NEAT as konsep. Ons wou seker maak dié wyn voldoen aan gehaltestandaarde, is sensories konsekwent en is genotvol,” aldus die Bonnievale Wines se HUB, John Barnardt.  “Ons is baie trots om hierdie kultivarwyn by ons portefeulje te voeg.”

“Die NEAT Sauvignon Blanc 2020 bied ‘n tropiese styl met ’n sterk, vrugtige neus van grenadella, koejawel en appelliefies,” vertel Bonnievale se wynmaker, Marthinus Rademeyer.  “Die wyn is vars en verfrissend met ‘n blywende, vrugtige karakter.”

Die Bonnievale NEAT Sauvignon Blanc 2020 word landwyd versprei en is beskikbaar ’n aanbevole rakprys van R65 per bottel. Dit kan ook aanlyn bestel word by www.bonnievalewines.co.za.

Vir meer inligting oor Bonnievale se wynportefeulje, skakel 023 616 2795 of stuur ’n eposboodskap aan tastings@bonnievalewines.co.za, of besoek www.bonnievalewines.co.za.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>