Bonnievale se Chenin Blanc hou die kollig op dié wynmakery

Moenie ’n boek op sy voorblad takseer nie, lui die bekende gesegde. Wel, Bonnievale Wines het dit weer eens bewys met sy The River Collection Chenin Blanc 2021 wat goud los geslaan het op vanjaar se Veritas-toekennings.

Hierdie bekende wynmakery mag nou wel nie ’n landgoed wees nie, maar hy staan geensins terug vir die groot handelsmerke in die bedryf nie.

As in ag geneem word dat slegs vyf goue medaljes aan chenin blanc toegeken is op die kompetisie, dan kry mens groter respek vir hierdie kelder en sy prestasies. En net so terloops, Bonnievale Wines se The River Collection Sauvignon Blanc 2021 is ook met ’n goue medalje beloon, terwyl The River Collection Chardonnay 2021 silwer ingepalm het.

“Dit is ‘n geweldige eer vir Bonnievale om weer in hierdie kompetisie uit te blink. Ons is veral trots op die prestasie van die chenin blanc,” sê die hoofwynmaker, Marthinus Rademeyer. “Dié kultivar floreer nie net in ons terroir nie, maar dit is ook ‘n kultivar waarin Suid-Afrika as wêreldleier gevestig is.”

Goue medaljes word toegeken aan wyne wat tussen 90 en 92,9 punte uit ’n moontlike 100 op die internasionale skaal behaal.

Die 2021-oesjaar van Bonnievale Wines se Chenin Blanc toon blomme- en vars vrugtegeure en aromas met ‘n verfrissende, blywende nasmaak.  Dit is die perfekte somerswyn en kan geniet word saam met vis-, vark- en hoendergeregte.

Die Bonnievale The River Collection Chenin Blanc 2021 kos slegs R62 per bottel by die wynmakery se aanlynwinkel by www.bonnievalewines.co.za. Die wyn is ook by uitgesoekte kleinhandelaars en restaurante landwyd beskikbaar.

Vir meer inligting oor Bonnievale Wines, skakel 023 616 2795 of stuur ’n epos aan info@bonnievalewines.co.za, of besoek die webtuiste.

Gesels saam op Twitter  by @bonnievalewines, Instagram by, bonnievalewines en Facebook (https://www.facebook.com/bonnievalewines/).

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>