Bonnievale se Cabernet Sauvignon is jonk en jeukerig!

Bonnievale Wines het op die onlangse SA Nasionale Jongwynskou weer eens gewys dat mens hom nie lig moet skat nie. Hy het die gesogte Roberto Moni-trofee vir die SA Kampioen Cabernet Sauvignon gewen en in die proses baie ander mededingers die loef afgesteek. Wat die toekenning ekstra spesiaal maak, is dat cabernet sauvignon een van die mededingendste klasse op die Jongwynskou was.

Maar dis nie net op die Jongwynskou dat Bonnievale se Cabernet Sauvignon stem dik gemaak het nie. Bonnievale Wines was reeds in Augustus op die wenpad met hul Cabernet Sauvignon (gehout) wat vir die vierde agtereenvolgende jaar as die beste jongwyn in dié kategorie op die Robertson-streek se Jongwynskou aangewys is.  Die kelder was ook ’n klaswenner in vyf kategorieë en wenner van 20 medaljes, waaronder twee goues.

En die goeie nuus hou nie daar op nie. Op 2 September, Internasionale Cabernet Sauvignon-dag, het Bonnievale Wines sy keldertrots, die Limited Release Cabernet Sauvignon 2019, bekend gestel.

Vir meer inligting oor Bonnievale Wines en hul puik wynreeks, skakel 023 616 2795 of stuur ’n epos aan tastings@bonnievalewines.co.za, of besoek www.bonnievalewines.co.za.  En gesels saam op Twitter, Instagram en Facebook.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>