Blosende debutant gooi haar flikkers by Holden Manz

Date posted:
October 15, 2012

Ontmoet die blosende verleidster by Holden Manz-wynlandgoed in Franschhoek en word betower deur dié aanloklike nuwe Rosé van die 2012-oesjaar. Dit bestaan uit al vier rooi druifvarieteite op die Landgoed,naamlik cabernet sauvignon, merlot, shiraz en cabernet franc.

 

Dié salmpienk wyn met subtiele geure van vars aarbeie en kersies met ‘n titsel mineraliteit is gemaak in die wynmaker, Schalk Opperman, se eerste oesjaar by Holden Manz.

 

“Dis beslis geen gewone rosé dié nie. Die suur en vrugte is uitstekend gebalanseer met lieflike diepte en gewig op die tong met ‘n kraakvars, lewendige en droë nasmaak. Dis die perfekte wyn vir veral lui Sondagmiddae. Probeer dit gerus met nóg ‘n Franschhoek-gunsteling, salmforel, en moenie die soesji vergeet nie,” sê Schalk van die gesellige 2012- Rosé.

 

Die Holden Manz Rosé 2012 is ‘n heerlike somer-aperitief en onthul daarby die verfrissende, modieuse nuwe baadjie van die Holden Manz-wynversameling. Dit is by boetiekwynwinkels en restaurante beskikbaar en kos R55 by die kelder.

 

Die Holden Manz-proekamer is daagliks vanaf 10h00 tot 17h00 oop, en besoek gerus die Franschhoek Kitchen-restaurant vir smullekker Franschhoek-eetgenot. Die restaurant is oop vir middag- en aandete vanaf Dinsdae tot Saterdae, en Sondae slegs vir middagete. Skakel 021-876-2729 of stuur e-pos aan restaurant @holdenmanz.com vir besprekings. Stuur e-pos aan winery@holdenmanz.com vir wynaankope. 

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram