Bie op skaars oesjaarwyne by Steenberg se Vinoteque-veiling

’n Besonderse keurspel van skaars oesjaarwyne van top Suid-Afrikaanse, Franse, Duitse en Italiaanse kelders is op die spel by Steenberg se Vinoteque-wynveiling, ’n aanlynveiling wat van 10 Oktober af oor vyf weke aangebied word.

Die 180 lotte verskil in grootte van enkele bottels wyn tot kiste van 6 of 12, en sluit Franse Bordeaux, Chablis, Sancerre en Champagne, ‘n Chianti Reserva van Italië én ‘n Saar Riesling van Duitsland in. Die Suid-Afrikaanse versameling spog met optimaal verouderde wyne van bekende kelders, sowel as ouer oesjare van Catharina, Nebbiolo en Shiraz uit Steenberg se eie wynbiblioteek.

Tydens die veiling stel Steenberg Vineyards die skatkis van sy restaurant-vinoteques oop en stel hierdie versamelaarswyne vry aan die hoogste bieër om plek te maak vir meer wyne uit Constantia. Wynliefhebbers het die geleentheid om te kies en keur onder ouer oesjare van top wynprodusente soos Raats, Vondeling, Boekenhoutskloof, Kaapzicht, Vilafonte, Mulderbosch, Le Riche, Tokara, Mullineux en Jordan, om net ‘n paar te noem. Die oudste oesjaar onder die veilingwyne is ‘n 2003- Morgenster Reserve.

’n Voorskouproe van ’n verskeidenheid van die aanlyn-veilingwyne sal vanaf 16:00 tot 19:00 op Woensdag, 10 Oktober, by Steenberg se Catharina’s Restaurant gehou word. Kontak info@catharinasrestaurant.co.za om die proe by te woon.

Al 1 067 van die Steenberg Vinoteque se veiligwyne is noukeurig in die kelder bewaar teen 16°C én is in hul fleur. Vir meer inligting oor hoe om sommige van hierdie skaars wynjuwele deel van jou versameling te maak, besoek www.steenbergfarm.com, registreer dan aanlyn en sit jou bod in.

Die veiling vind weekliks, vir vyf weke plaas, met nuwe wyne wat weekliks beskikbaar gestel word. Bly op hoogte van gebeure deur aan te sluit by die gesprek op Twitter @SteenbergWines en Facebook by facebook.com/steenbergestate.

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>