‘Bevrore’ sauvignon blanc bring nóg goud na Nuy se ‘kluis’

Die somer is sauvignon blanc-seisoen … en Suid-Afrikaners is gek na hierdie witte! Met die groot verskeidenheid om uit te kies, is dit miskien tyd om na iets anders te soek wat sauvignon blanc betref. Wat van ’n “bevrore” sauvignon?

Die Nuy Wynkelder buite Worcester het op die Veritas-toekennings goud los geslaan met sy uitsonderlike Mastery Sauvignon Blanc 2021. Uitsonderlik want die wynmaakspan het afgewyk van die tradisionele metode van wyn maak deur die sap van dié wyn drie maande lank te vries teen minus 15° Celcius. Hierna het die wyn die normale gistingsproses ondergaan.

Die drie maande in die “vrieskas” het bygedra tot die Mastery Sauvignon Blanc 2021 se kompleksiteit. Die wyn, lig goud in kleur met ’n groen skynsel, prikkel die neus met aromas van ryp tropiese vrugte, sweempies kiwivrug en fynbos, met titsels swartbessie en gestoofde pruimedante in die agtergrond. Hierdie tema word in die mond voortgesit. Die wyn se gebalanseerde suur reinig die mond en sorg vir ’n talmende nasmaak.

Nuy se Mastery Sauvignon Blanc 2021 is heerlik op sy eie, verkil, maar sal ook seekosgeregte en somerslaaie tot nuwe hoogtes voer.

Nuy, alombekend vir hul bekroonde muskadelwyne, het ’n hele ruk gelede besluit om met ander kultivars in die wingerd en kelder te eksperimenteer, en dit het vrugte afgewerp!

Die Nuy Mastery Sauvignon Blanc 2021 word verkoop teen R120 per bottel.  Besoek die proelokaal of bestel direk vanaf die webstuiste by http://www.nuywinery.co.za.

Vir meer inligting oor Nuy Wynkelder, besoek hul webtuiste by http://www.nuywinery.co.za/ of kontak AC Goodger by 023 347 0272 of epos marketing@nuywinery.co.za

EINDE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>