Voeg ‘n ekstra vonkel by hierdie feesseisoen met Pongrácz Rosé wat nou ook in ‘n gesofistikeerde 1,5liter-magnum met ‘n pragtig ontwerpte geskenkblik beskikbaar is.
Hierdie Cap Classique-magnum is die perfekte geskenk vir die meisie wat alles het. Dit sal die gasvrou se voete onder haar uitslaan tydens die feesseisoen en beslis ‘n paar harte steel op Valentynsdag.
Geïnspireer deur die charismatiese Hongaarse edelman, Desiderius Pongrácz,
is die Rosé-magnum sjiek en stylvol met ‘n salmpienk-blos, delikate vrugtegeure en ‘n verfrissende, droë mondgevoel wat dit bo die res laat uitstaan as ‘n uitsonderlike Cap Classique- Rosé.
Tydloos en elegant geskep volgens die klassieke Franse tradisie met die uitsoekdruifsoorte chardonnay en pinot noir, verlei die Pongrácz Rosé die sintuie met ‘n simfonie van fyn pêrelborrels in die glas en ‘n volronde mondgevoel wat lei tot ‘n betowerende, talmende nasmaak. Die chardonnay verleen ‘n skoon, mineraalagtige karakter, terwyl die pinot noir struktuur, unieke smaak en ‘n aanloklike blos by die vonkelwynervaring voeg.
Hierdie aanloklike rosé het twee jaar op die fyn gisafsaksels deurgebring. Die Pongrácz Rosé beskik oor ‘n delikate gis-, roosterbrood- en ryp vrugtekarakter met ‘n indrukwekkende mousse en ‘n sensuele, volronde smaak van swart bessiegeure. Dit is perfek vir enige geleentheid, veral spesiale oomblikke, en werk veral goed saam met hoender, seekos en oesters.
Wees op die uitkyk vir hierdie besonderse magnum-geskenkblik by uitgesoekte wynhandelaars. Hierdie blosende vonkel kos sowat R260.
Einde
© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy
Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast