‘Beeskee’: die nuwe manier om ‘gesondheid’ te sê!

Date posted:
November 4, 2009

Die befaamde cognac Bisquit (uitgespreek “beeskee”) is nou vrylik beskikbaar in Suid-Afrika. Om die waarheid te sê, twee van die drie cognacs in hierdie reeks is hier te koop!

 

Die handelsmerk se tuiste is 'n indrukwekkende 19de-eeuse chateau in Cognac, Frankryk. Hier volg meesterdistilleerders wat die gesogte potketel-cognac maak steeds die oorspronklike benadering van Alexandre Bisquit, wat in 1819 sy eie cognac begin maak het. Hy was die eerste wat sy cognac self gebottel en onder sy naam verkoop het. Dit was byna twee eeue gelede!

 

Die heerlike, amberkleurige Bisquit Classique VS (wat na verwagting teen sowat R265 per 750ml-bottel sal verkoop) getuig van vrugte van die eerste snuif waarna dit geleidelik op die tong ontvou met 'n suggestie van vanielje weens die veroudering in eikehout. Drink dit skoon, met 'n blokkie ys, of doen die Franse na wat dit met kinawater bedien.

 

Bisquit VSOP is soos ou goud. Dit is subtiel maar charismaties, met blywende herinneringe aan blomme, hout en speserye wat 'n nuwe leksikon van weelde suggereer.

 

Hierdie goue-medaljewenner, wat by vanjaar se International Wine & Spirit Competition die hoogste punte ontvang het, verkoop plaaslik teen sowat R445.

 

Einde

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

© 2024 Planet Wine | All rights reserved | Privacy Policy

Website Design by Bios Bois - Your IT Nerds of the West Coast

facebookinstagram