Barista Black en Fat Bastard stel bekend …

Daar’s ’n nuwe pinotage op die mark, Barista Black 2019 (bo). En met hierdie eg Suid-Afrikaanse kultivar se eeufeesviering net om die draai (in 2025, maar tyd vlieg mos!), is dit miskien ’n goeie plan om solank jou voorraad pinotage op te bou vir die groot fees.

Die druiwe vir hierdie wyn kom hoofsaaklik uit bosstokwingerde wat al 20 jaar lank in die Swartland groei. Die sap is in tenks van vlekvrye staal gegis en daarna vir 18 maande verouder. Sowat 20% van die wyn is in nuwe Franse vate van 225ℓ gegis.

Volgens die wynmaker vertoon die Barista Black 2019 geure van pruime, rooi-aalbessies en bakspeserye. Die mondgevoel is sappig en vrugtig met fluweelsagte tanniene en hout-kompleksiteit. Die wyn het ’n talmende, gladde en aangenam droë nasmaak.

Die Barista Black 2019 is by ketting- en drankwinkels beskikbaar teen R150 per bottel. Aanlynbestellings kan gedoen word by www.baristawine.co.za.

En van Fat Bastard Wine kom die nuus dat hul gewilde Chardonnay nou in ’n tweeliterboks beskikbaar is, teen tussen R150 en R170.

Hierdie heerlike witwyn is vruggedrewe en kosvriendelik. In die neus kom tropiese vrugte-aromas en bekoorlike sweempies akasiablomme vermeng met ryk botter en titsels vanielje voor. Vat ’n sluk en word verras deur die vol en romerige tekstuur in die mond, gevolg deur ’n vrugtige intensiteit. Verfrissende sitrus op die nasmaak laat mens smag na meer.

Vir meer inligting, besoek www.fatbastardwine.co.za.

EINDE

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes:

<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>